Foto’s: Minstens 27 dood by Pakistan-lughawe

Jinnah Internasionale Lughawe in Karachi, Pakistan Foto via Express Tribune (Facebook) (AFP-foto)

Jinnah Internasionale Lughawe in Karachi, Pakistan Foto via Express Tribune (Facebook) (AFP-foto)

Minstens 27 mense is dood ná ʼn aanval deur die Taliban op die internasionale lughawe in Karachi, Pakistan.

Shahidullah Shahid, woordvoerder vir die Tehrik-e-Taliban Pakistan, het Maandag in ʼn verklaring bevestig die rebelle het op die Jinnah Internasionale Lughawe toegeslaan.

Gewapende mans, wat soos polisiebeamptes geklee was, het Sondagaand met masjiengewere en ʼn vuurpyllanseerder op die lughawe toegeslaan. Al die passasiers is dadelik ontruim. Die polisie het egter eers ongeveer vyf uur later beheer teruggekry oor die lughawe.

Shahid sê die aanval is in weerwraak oor Hakimullah Mehsud se dood. Dié Taliban-hoof is verlede November in ʼn afstandbeheerde aanval dood. Die Taliban het gewaarsku daar kan nog aanvalle wees.

Gesprekke tussen die regering en die Taliban om oor vrede te onderhandel, het ʼn paar weke gelede vasgeval. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.