[Foto’s] ‘Moordtog’ aan die lig gebring na vrou in vraghouer gevind is

Kohlhepp tydens sy hofverskyning. Foto: Tim Kimzey/The Spartanburg Herald-Journal via AP

Kohlhepp tydens sy hofverskyning. Foto: Tim Kimzey/The Spartanburg Herald-Journal via AP

Die man wat ʼn vrou glo in ʼn vraghouer vasgeketting het, het volgens die polisie erken hy het minstens sewe mense vermoor.

Chuck Wright, woordvoerder van die polisie, het gesê Todd Kohlhepp (45), ʼn geregistreerde seksoortreder, het onder meer verantwoordelikheid aanvaar vir vier onopgeloste moorde 13 jaar gelede.

Kohlhepp is in Donderdag in hegtenis geneem nadat Kala Brown (30), wat sedert Augustus saam met haar kêrel, Charles Carver (32), vermis was, in ʼn vraghouer op sy perseel in Spartanburg, Suid-Carolina gevind is. Carver se lyk is intussen in ʼn vlak graf op Kohlhepp se perseel gevind.

Kala Brown en Charles Carver. Foto: Facebook

Kala Brown en Charles Carver. Foto: Facebook

Volgens die polisie het Kohlhepp intussen ook erken hy was verantwoordelik vir die sogenaamde “Superbike”-moorde in Chesnee op 6 November 2003. Die eienaar, bestuurder, werktuigkundige en boekhouer van Superbike Motorsports is op dié dag vermoor.

“Hy gee sy volle samewerking. Hy het vir ons inligting gegee wat niemand anders behoort te weet nie,” het Wright gesê.

Intussen het Kohlhepp ook nog twee vlak grafte op sy perseel aan die polisie uitgewys. Volgens Wright is dit moontlik dat nog lyke op die perseel gevind sal word.

Kohlhepp is op 15 aan verkragting skuldig bevind. Hy het sy buurvrou met ʼn vuurwapen gedreig en in sy ouerhuis ingedwing, waar hy haar vasgebind en verkrag het.

Brown het intussen aan die polisie gesê Kohlhepp haar kêrel voor haar doodgeskiet. Sy was vir twee maande lank in die vraghouer toegesluit.

Kohlhepp, ʼn suksesvolle eiendomsagent, word sover van ontvoering aangekla en bly in aanhouding. Nog klagtes sal na verwagting binnekort bygevoeg word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ella ·

Hierdie voorval is nou weer ‘n sprekende voorbeeld van hoe gevaarlik dit is om aannames te maak na aanleiding van wat jy op sosiale media lees. Ek het toevallig so twee weke terug ‘n berig oor die verdwyning van Kala Brown raakgelees. Op daardie stadium was al haar vriende en familie wat op sosiale media kommentaar gelewer het, oortuig haar kêrel – Charlie Carver – het haar vermoor en gee op sosiale media voor om sy te wees. Intussen lê die arme man dood in ‘n vlak graf en sy vriendin word soos ‘n dier vasgeketting en gevange gehou. Mens kan maar net wonder of sy moontlik vinniger opgespoor sou wees indien nie aangeneem is dat haar kêrel verantwoordelik is vir haar verdwyning?

Piet Snot ·

Ella, nou praat jy.
Dis hoekom dit vir my so sleg is om die vitriool te lees wat onkundiges soms op hierdie forum kwytraak.

MH ·

Ella, Ongelukkig is die meeste mense soos ‘n trop skape wat saam met die massas in ‘n rigting hardloop sonder om te dink wat hulle doen.

Michael ·

Nie een keer word in die artikel genoem dat die alles in Amerika plaasgevind het en niks met Suid Afrika te doen het nie. Dis vir my nogal swak.
Tweedens verstaan ek in elk geval nie hoekom dit nodig is om moordstories van die ander kant van die wêreld af in te voer nie, as ons eie land self al so ‘n ryk bron is van gru-moorde.

Nico Strydom ·

Dagsê Michael

Daar word in die berig genoem dat dit in Spartanburg, Suid-Carolina plaasgevind het.

Vriendelike groete

LB S ·

Michael, meeste van ons se uitkyk in die lewe strek ook darem bietjie verder as net wat hier in SA aangaan.

Justice ·

Ek admireer die beleefde wyse waarop Maroela se redaksie sommige kommentaar mee beantwoord.

Elize C ·

Ja nee wragtag Juctice, glo nie ek sou kwalifiseer om reaksie te gee op sommige kommentare nie…..

Fanie. Naude ·

Ek lees graag Maroela Media omdat die berigte feitelik en sonder sensasiesoekery aangebied word. Ek het Maroela ook al by vriende en familie aanbeveel . Julle is my dagblad.

Denise ·

Dit is n baie siek mens walglik ek hoop net al die moorde, verkragtings en aanrandings van ons haal die nuus oorsee !!!!! Sterkte aa Kala dit moes baie erg vir haar gewees het!!!

Jannie ·

Denise, mens krap nie op ‘n ashoop rond om die beste stuk rommel te soek nie. Die wêreld stel nie belang wat in Afrika aangaan nie. Hulle mag dit net nie hardop sê nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.