[Foto’s] Nat Geo bekroon die mooiste foto’s wêreldwyd

ʼn Kragtige vulkaniese uitbarsting verlig die hange van Mexiko se Colima-vulkaan op 13 Desember 2015. (Foto: Sergio Tapiro Velsasco)

Die wenners van National Geographic se kompetisie vir reisfotograwe van die jaar is pas bekend gemaak.

Die doel van dié kompetisie is om te “inspireer” en die skoonheid van die wêreld op ʼn wêreldwye platform te vertoon.

Vanjaar kon fotograwe wêreldwyd weer hul mooiste foto’s in drie kategorieë inskryf, naamlik mense, natuur en stede.

Vanjaar se algehele wenner, wat met die louere weggestap het in die natuurkategorie, is Sergio Tapiro Velsasco wat ʼn vulkaniese uitbarsting in Mexiko vasgevang het. Hy wen ʼn vakansie na die Galápagos-eilande in die Stille Oseaan.

Ander eersteplekwenners het ʼn kontantprys van sowat R30 000 gewen.

Kategorie: natuur
Die eersteprys- én grootpryswenner
ʼn Kragtige vulkaniese uitbarsting verlig die hange van Mexiko se Colima-vulkaan op 13 Desember 2015. Die foto is geneem deur Sergio Tapiro Velsasco.

ʼn Kragtige vulkaniese uitbarsting verlig die hange van Mexiko se Colima-vulkaan op 13 Desember 2015. (Foto: Sergio Tapiro Velsasco)

Die publiek se keuse
Die vaalbruinstert-kroonvoël, ʼn spesie van die kolibrie (hummingbird), kry nektar uit blomme in die Ekwador-reënwoud – ʼn paradys vir kolibries. Die foto is geneem deur Hymakar Valluri.

Die vaalbruinstert-kroonvoël, ʼn spesie van die kolibrie (hummingbird), kry nektar uit blomme in die Ekwador-reënwoud – ʼn paradys vir kolibries. (Foto: Hymakar Valluri)

Kategorie: mense
Die eersteplekwenner
Sonlig filter deur die dak van ʼn historiese gebou in Konya, Turkye, waar ʼn man ʼn dans uitvoer. Dié seremonie verteenwoordig ʼn mistieke reis van die mens se geestelike oorgang na waarheid en liefde, en verteenwoordig die voortdurende rewolusie van alle lewende dinge. Die foto is geneem deur F. Dilek Uyar.

Sonlig filter deur die dak van ʼn historiese gebou in Konya, Turkye, waar ʼn man ʼn dans uitvoer. Dié seremonie verteenwoordig ʼn mistieke reis van die mens se geestelike oorgang na waarheid en liefde, en verteenwoordig die voortdurende rewolusie van alle lewende dinge. (Foto: F. Dilek Uyar)

Die publiek se keuse
Die foto is geneem by die oewer van die Dhaleswari-rivier in Munshigan, Bangladesj, waar mans sand na ʼn plek weg van die rivier neem vir latere gebruik. Die foto is geneem deur MD Tanveer Hassan Rohan.

Die foto is geneem by die oewer van die Dhaleswari-rivier in Munshigan, Bangladesj, waar mans sand na ʼn plek weg van die rivier neem vir latere gebruik. (Foto: MD Tanveer Hassan Rohan)

Kategorie: stede
Die eersteplekwenner
Natuurlike lig verlig die moderne stadsbiblioteek in Stuttgart, Duitsland. Met sy wit vloere, oop ruimtes en groot vensters bied die biblioteek ʼn eiesoortige atmosfeer om jou kennis te verbreed. Die foto is geneem deur Norbert Fritz.

Natuurlike lig verlig die moderne stadsbiblioteek in Stuttgart, Duitsland. Met sy wit vloere, oop ruimtes en groot vensters bied die biblioteek ʼn eiesoortige atmosfeer om jou kennis te verbreed. (Foto: Norbert Fritz)

Die publiek se keuse
Reënboogkleurige markstalletjies verhelder in ʼn pragtige uitbeelding van kleurkontraste wanneer die son sak oor Bangkok, Thailand. Die foto is geneem deur Kajan Madrasmail.

Reënboogkleurige markstalletjies verhelder in ʼn pragtige uitbeelding van kleurkontraste wanneer die son sak oor Bangkok, Thailand. (Foto: Kajan Madrasmail)

Kyk na die res van die wenfoto’s op National Geographic se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SARIE VAN HEERDEN ·

BAIE DANKIE MAROELA DAT JULLE DIT MET ONS GEDEEL HET. PRAGTIG!

Willem ·

Dankie dit is so lekker om vir n slag iets moois te sien anders as die daaglikse moord ,dood en korrupsie wat ons tans ondervind.
Voorwaar net weer n bewys dat daar wel nog mooi in die wereld is. Ek dink as almal vir n slag net iets moois al is dit hoe klein in elke dag wil sien sal dinge baie baie anders wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.