Foto’s: ‘Nat Geo’ se top-natuurfoto aangewys

NG wenfoto

Die wenfoto. (Foto: CBS News/Jayaprakash Joghee Bojan)

Die wenner van vanjaar se National Geographic-natuurfotograaf van die jaar-kompetisie is Woensdag aangekondig.

Die kategorieë vir die foto’s sluit in wildlewe, lugfoto’s, landskappe en onderwaterfoto’s.

ʼn Wildlewe-foto van ʼn manlike oerangoetang wat agter ʼn boom uitloer terwyl hy ʼn rivier oorsteek in die Putting-nasionale park in Borneo, Indonesië, het met die gesogte eerste prys weggestap. Dié foto het bó ongeveer 11 000 ander inskrywings uitgetroon.

Die Indonesiese nuusblad Straits Times berig dat die foto van dié bedreigde oerangoetang-spesie, “Face To Face in a River in Borneo”, geneem is in sentraal-Kalimantan deur die Indiese fotograaf Jayaprakash Joghee Bojan.

Bojan (41) het aan Strait Times gesê hy het die foto in Augustus geneem terwyl hy aan ʼn boek oor bedreigde spesies reg oor Asië gewerk het. “Ek het besluit om in die rivier te gaan om unieke hoeke en perspektief te kry. Die aap was aanvanklik effe skrikkerig, so hy het agter die boom weggekruip terwyl ek agter en ander boom gestaan het. Die foto wat die prys gewen het, is geneem toe hy agter die boom uitgeloer het om te kyk of ek nog daar is.”

National Geo flaminke

(Foto: CBS News/Alejandro Prieto)

Die amptelike prysgeld vir die algehele wenfoto is $7500 (sowat R101 000) en die foto sal in die volgende uitgawe van die National Geographic-tydskrif gepubliseer word, sowel as op die @NatGeo Instagram-rekening verskyn.

ʼn Foto van ʼn volgroeide Karibiese pienk flamink wat ʼn flamink-kuiken voer in Yucatán, Mexiko, het die tweede plek verower in die wildlewe-kategorie. Alejandro Prieto het dié foto geneem.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Denise ·

Geluk aan die fotograaf en so ook aan al die asemrowende fotos van al die ander baie mooi!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.