[Foto’s] Nóg ʼn terreuraanval ruk Londen

Polisievoertuie by die Londen-brug ná die terreuraanval (3 Junie 2017). Foto: AP Photo/ Matt Dunham

Minstens ses mense is dood en meer as 30 beseer nadat aanvallers in ʼn bussie Saterdag in voetgangers op die Londen-brug ingeploeg en mense by nabygeleë kroeë en restaurante met messe aangeval het.

Die Britse polisie het gesê drie aanvallers, wat vals plofbare baadjies aangehad het, is deur die polisie doodgeskiet. Mark Rowley, Scotland Yard se hoof van teen-terrorisme, het bevestig ses mense is in die aanval dood.

Volgens Rowley het die bussie in voetgangers op die brug ingeploeg voordat drie aanvallers mense met messe aangeval het. Gewapende polisiebeamptes het die aanvallers in Borough Market doodgeskiet binne agt minute nadat hulle die eerste noodoproep oor die terreuraanval ontvang het.

Peter Rhodes, assistent-bedryfsdirekteur vir die Londen Ambulansdiens, het gesê sy personeel het meer as 45 mense na vyf verskillende hospitale vervoer. Volgens Rhodes is daar nog mense op die toneel vir geringe beserings behandel wat nie hospitaalsorg benodig het nie. Hy het gesê daar was meer as 80 paramedici op die toneel.

Nooddienste by die Londen-brug ná die terreuraanval (3 Junie 2017). Foto: Dominic Lipinski/PA via AP

Ooggetuies het aan The Guardian-koerant vertel hulle het gesien hoe twee mans mense buite die gewilde Roast-restaurant in Borough Market met messe steek. “Ons het twee [mans] met groot messe buite Roast gesien. Hulle het net mense begin steek. Ons het geskree ‘stop, stop’ en mense het hulle met stoele gegooi,” het een van die ooggetuies vertel. “Die polisie het opgedaag en onmiddellik die aanvallers geskiet.”

ʼn Taxibestuurder het aan ʼn plaaslike radiostasie gesê hy het gesien hoe drie mans met lang messe uit die bussie spring nadat die voertuig op die brug tot stilstand gekom het.

Theresa May, die Britse eerste minister, het die aanval as ʼn “verskriklike voorval” beskryf en haar dank uitgespreek teenoor die polisie en nooddienste vir hul vinnige optrede.

Die toneel by die Londen-brug ná die terreuraanval (3 Junie 2017). Foto: Dominic Lipinski/PA via AP

Sadiq Khan, Londen se burgemeester, het gesê die voorval was ʼn “opsetlike en lafhartige aanval op onskuldige inwoners en besoekers aan die stad”. “Daar is geen regverdiging vir sulke barbaarse optrede nie,” het hy gesê.

In Maart vanjaar is ses mense dood en minstens 29 mense beseer nadat ʼn aanvaller met ʼn motor in voetgangers op die Westminster-burg ingejaag voordat hy ʼn polisiebeampte binne die hekke van die parlement met ʼn mes doodgesteek het. Polisiebeamptes het die aanvaller doodgeskiet. Hy is later as Khalid Masood (52) geïdentifiseer en die Islamitiese Staat (Isis) het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.

Verlede maand is 22 mense dood en meer as 60 mense beseer ná ʼn selfmoordbomaanval by die Manchester Arena kort nadat die sangeres Ariana Grande daar opgetree het. Isis het ook vir hierdie aanval verantwoordelikheid aanvaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Niklaas ·

Jammer om te hoor maar Ou Siener het geskryf die Britte gaan die swaarste kry eendag. Hulle staar ook bankrotskap in die gesig.Hulle was nooit gestraf vir die konsentrasiekampe soos die Duitsers gestraf was nie. Die wiel draai…al is dit dit n 100 jaar later.

Ashlee ·

Ag Niklaas, ploeg jy nog steeds met n donkie!! Dan seker ook waarom blanke Suid-Afrika so vertrap word vandag. 400 “vermoorde” Zulu krygers destyd langs bloedrivier het dalk ook n siener gehad.

Dirk ·

400 vermoorde zoeloes? Ek neemaan jy is prost-1994. Daarom vergewe ek jou maar nie jou ouers nie!

dr. Sakkie van der Merwe ·

Niklaas, Hoe waar. Niemand het nog ooit om verskoning gevra vir die konsentrasie kampe nie. Die terroriste is vanuit London gefinansier wat die Kerkstraat bom en landmyne op ons grense geplaas het. Is daar ooit daaroor gepraat of askies gevra. Skynheiligheid.

Dark.O ·

Ek dink Niklaas het tog ń punt beet. Lees gerus die boek, Apartheid: Britain’ bastard child, wat deur Hélène Opperman Lewis geskryf is.

Michael ·

Die britte sal die muslims moet begin deporteer anders sit hulle met net soveel probleme as Suid Afrika….pres Trump het die voorbeeld gestel may moet net volg.

Nettie ·

Ai, hoekom word die na-na-nageslagte van mense wat tien teen een NIKS met die 2de ABO te doen gehad nie, hierby ingesleep? Ja, die Britte sal miskien die Moslems (PS: hoe onderskei jy tussen ‘n radikale en nie-radikale Moslem?) moet deporteer. Net jammer ons kan in SA nie die spul volksvreemdes wat ons met moord, misdaad, verkragting, aanranding ens. ‘n suiwer hel op aarde laat beleef, ook deporteer nie. Nee, hulle word eerde “geïmporteer” sodat hulle in 2019 vir die swart-groen-en-geel kan stem.

Realis ·

Geen simpatie nie, die Britte het ons Afrikaners nog altyd te na gekom en hierdie aanvalle is hulle eie toedoen met hulle liefde vir al die nasies wat hulle dink geen bedreiging inhou nie.

Jorrie Jordaan ·

Julle moes jare gelede al “stop, stop!” geskree het toe die sogenaamde vlugtelinge julle land binne gekom het.

Johno ·

Nou weet ons waar ons staan met Saffas. Maar dan moet ons stembus toe gaan sodat jul grondwet kan bly. Nee wat, eks klaar. Dan kan ek ook se al die plaasmoorde, ekt niks simpatie nie, jul het dit op julself gebring. Maar ek’s n mens, ek voel dit ook, net jammer jy’s die tiepiese Saffa. Geniet SA.

Karel Kat ·

Die hedendaagse Afrikaner word “gekasty” vir sy voorvaarders se sonde, van 1948 (bykans 70 jaar gelede)
Dit gaan my verstand te bowe, dat Afrikaners wat tans aan die ontvang kant van soortgelyke geskiedkundige wrokke is, nou dieselfde tipe gal braak uitlatings maak, teenoor die Britte se “Voorvader sondes” van 115 jaar gelede nie ??

Nel ·

Vertel. vertel. Watse sondes praat jy van. Ek’s ene ore….

Dirk ·

Ja jy is reg. Jou datum is net verkeerd. Dit moet 1910 lees. Ons het meer op ons leiers vertrou as op God. Dit was en is steeds ons sonde as Volk.

Yvonne ·

Dit is verskriklik! En ek is jammer maar die reaksie van Maroela lesers skok my net so. Hoe kan ons dink dit is regverdig as onskuldige mense die slagoffers van terreur is? Daar is families wat nou ‘n ma/pa/broer/suster/kind verloor het. Onskuldige mense pyn, waar is ons menslikheid as ons nie daardeur geraak word nie?

Absolutely ·

Ek stem 100% saam, wat dit nog hartseerder maak is dat dit dalk nie eens almal Britte is nie. Ek stem ook saam om al die Moslems te pos, jammer aan die goeies, maar as jul nie onder dieselfde kam wil nie, sorteer die gemors uit, hul gee jul n slegte naam.

AN ·

Stem saam met Yvonne oor die kommentaar van die lesers hier, dis so haat draend! Is dit die tipe mense wat VF stem? Asook vir Afrikaans wil veg, maar hulle taal asook spelling is swak. As dit enigsins ‘n refleksie is van die waardes van VF wil ek glad nie vir VF stem nie.
Ware Christene is nie haat draend nie en word gemaan om lief te wees vir hul vyande.

·

Stem saam. Maroela moet ook maar vir mense begin dink en alle kommentaar sluit. Mens voel eintlik hoe mens se IK val as mens na al die kommentaar lees. En Siener se gat. Ek aanbid hom beslis nie. Oor immigrasie-India en China het elkeen meer mense as hele Afrika. Kyk oor 30 jaar. Immigrasie is deel van die lewe.

Realis ·

Julle opinie, weet net as jy met vuur speel dan brand jy een of ander tyd…………..

Niel ·

@AN , ek stem saam dat die meeste kommentare van die mense regtig skokkend is en dat dit werklik nie mooi is om so negatiewe goed te skryf, en dat die taalgebruik skokkend is.

In ‘n mate kan ek seker verstaan hulle frustrasie teen die Britse inval op SA, en dat tot op datum as ek reg is UK nie verantwoording gedoen het vir hulle wangrype in hierdie land van ons en die konsentrasiekampe ens. :-(

Maar om terug te keer – wees versigtig om die kommentare voor VF kiesers se deure te vee en aannames te maak dat dit tipies VF ouens is wat so praat… Ek stem vir VF+ en ek staan agter hulle. Maar onthou die meeste mense wat so gal braak mag dalk eintlik op eind vir DA stem omdat hulle kamstig die meeste stemme kan werf, en dat hulle seg VF is klein… (en geriefliksheid halwe vergeet van hoe koalasie werk en so aan)

Trots VF+

Bert ·

So hartseer. Maar dekades se lakse links-liberale immigrasie beleid is die oorsaak hiervan. Die VK sit nou met ‘n weermag van jihadi’s in hul stede. Langtermyn oplossing is sekerlik om linkses permanent te verslaan. Korttermyn is om bekende Jihadi’s in VK te interneer. Soos FDR met die Japanese in WO2 gemaak het. Maar vir seker is die grootste oorsaak van hierdie dilemma en grootste vyand van die Weste intern: linkses wie deur hul kortsigtigheid en naiwiteit die dood van soveel veroorsaak en ‘n beskawing destabiliseer. Dieselfde hier by ons: Afrikaanse linkses is ons grootste probleem: kortsigtigheid, emosies en bloeiende harte is gelyk aan moord, doodslag, verliese aan welvaart en strukturele verval.

Paul ·

Praat jy werklik FDR se internering van Japannese in WO2 goed? Hulle het nie “bekende Japannese moeilikheidmakers” geinterneer nie, hulle het ALMAL geinterneer wat “one drop of Japanese blood” gehad het aan die Weskus van die VSA.

En dis eintlik nog verder vrek ironies gesien teenoor die res van jou kommentaar, want jy besef blykbaar nie dat FDR so links-liberaal was as wat jy kon kry in die Weste in die vroeë 1900s?
Selfs mense wat net 1/16 Japannees was, is sonder meer na kampe gestuur.

Dit alles het gebeur terwyl daar ongeveer 20 000 mense van Japannese afkoms in die VSA se weermag geveg het in WO2.

Hulle het ongeveer 300 mense as werklike bedreigings gesien en hulle almal reeds direk na Pearl Harbor in hegtenis geneem.

Die werklike redes vir die internering was gewone politiek, want die boere, kleinsakemense en wit fabriekswerkers aan die Weskus van die VSA het nie van die mededinging gehou wat die hardwerkende Japannese gebring het nie. Lees bietjie wat ouens soos Austin Anson destyds geskryf het.

Besef jy dat mense van Japannese afkoms wat in Hawaii self gewoon het, nie ge-interneer is nie?
Hoe maak dit dan sin as die werklike rede kastig vir veiligheid was.

Nee man, of dit uit onkunde of wreedheid is, dis erg dat dit goedgepraat word.

Ou Gaafste ·

Baie van die slagoffers was dalk nie eens Britte nie – soos die vorige keer!

Manie ·

Die mense wat kommentaar lewer en so swak spel is DA en ANC ondersteuners

Celia ·

Dankie! VryheidsfrontPlus is opgevoed, beskaafd,Christene en kry nie lekker oor enigeen in Engeland vandag so seerkry nie! Hul verstaan wat aangaan en dis TRAGIES! Innige medelye en simpatie met elkeen wat so bitter skokkend uit die lewe geruk is,aangeval is en hul naasbestaandes. Dankbaar vir polisie wat so vinnig opgetree het anders was daar nog meer sterfgevalle en gewondes. Bid vir Europa en ons stamlande ook.

Etienne ·

Ashlee, wonder maar net waar was jy toe Peter Hain die terroriste gehelp het om Saffers te skiet en die Lugmag hoofkwartier te bom en vele ander terreur te steun. KARMA, NIE PLOEG MET DONKIES NIE!!

Anna ·

Is vandag hulle vreemde mense in hulle land in laat gaan het dit is hoekom ons land n romel states is stuur slmel terug waar hulle vandaan kom

sug ·

Ek is heeltamal gelukkig om as buitestander van die mens geklassifiseer te word, as ek 99% van die kommentaar lees. Ek kan dit net nie glo nie, en dit kom van alle kante van al die spektrums, politiek, geloof, ras ens. My pa het altyd gesê mense mag nie soos skerpioene wees nie, die wat altyd net die ander aanval en seermaak.

Neewat ·

Dis omdat mense nooit ander se opinies respekteer nie en wil he hulle moet net soos jy dink en saam met die stroom gaan! Dis presies hoekom SA en UK nou moeilikheid het!

Skerpioen ·

Voel baie jammee vir die slagoffers en hulle families maar dit kom van ‘n regering wat politiek korrek wou wees en ‘n vesting wou wees vir al wat n liberaal en religious group is! Dis nou te laat vir trane! Die land is besmet met terririste wat JULLE burgerskap gegee het!

Niklaas ·

Ashlee miskien moet jy eers jou getalle ken voordat jy iets oor Bloedrivier kwytraak.Ken jou feite oor geskiedenis dan eers sal jou kommentaar sin maak.

Ashlee ·

Niklaas, kom ek stel dit dan iewat meer leesbaar. Toe tata alreeds myle ver gevlug het na die bloedige slag, het ruiters 400 gewonde Zulu’s se lyding “verlig”. Aldus my stelling, “vermoordes”

Elize ·

En daagliks sterf daar 56 persone in Suid-Afrika weens misdaad. Dalk moet almal minder bekommerd wees oor wat oorsee aangaan.

Francois du Preez ·

Is dit nie die einste lafhartige liberalistiese burgermeester wat vir Trump gesê het hy moet die muslims toelaat anders gaan hulle Amerika aanval nie?

Charles Rossouw ·

Brittanje het beheer oor hul land verloor, nog geen land kon hul suksesvol inval. Tot nou. Terroriste het. Brittanje het ‘n lat gepluk.

Bertus ·

Aan Paul: lees weer: ek sê internering van bekende jihadi’s, nie alle Moslems nie. Ek het FDR as voorbeeld van internering onder oorlogstoestande genoem. En links-liberaal in daardie tye was anders as vandag.

Louis ·

Hoeveel Boere is sederd die begin van die jaar vermoor? Geen simpatie van die wereld? Niemand het stil gestaan en kennis geneem? Daagliks word ons boere aangeval en vermoor. Ek voel saam met Engeland ja. Dis hartseer. Maar hulle het een naweek ervaar. Ons boere ervaar dit al vanaf 1994

Jaco Grobler ·

Een probleem met die plekke en veral stede wat ‘vreedsaam’ is, hulle wapenbeleid en ‘n vals gevoel van veiligheid maak hulle baie kwesbaar, veral vir tereurgroepe. As daar nou’ n paar siviele persone was wat gewapen was sou dinge heel anders verloop het, pas julle wapens en lisensies op soos goud. Kry as jy nog nie het nie, die wereld raak net al boser.

wat van Suid Afrika ·

Weet julle wat maak my hartseer? Ses mense sterf in Londen en die hele sosiale media platform is #PrayforLondon , dis hoofblad nuus op elke koerant … maar Daagliks word daar kinders, vrouens, oumense en plaasboere VERMOOR en VERKRAG in Suid Afrika Dis nie op EEN Koerant nie, Daar gaan nie #PrayforSouthAfrica prentjies versprei word nie want dis nie nuuswaardig nie… Suid Afrikaaners worry meer oor ander lande as hul eie volk en nasie … #SavetheFarmer #saveourwomenandchildren #PrayforSouthAfrica

Simpatie ·

Ek het nog nie EENKEER fie president van Amerika, ENgeland of Duitsland of Amerika of NEderland hulle AFSKU hoor uitspreek teen die moorde op die plaasboere in SA nie. NIe een rep ‘n woord nie, maar met 9/11 moes almal saam met die Amerikaners voel, almal moes saam met die Duitsers voel toe ‘n nagmark aangeval is, almal moet saam met die ENGELSE voel .. HOEKOM het julle so min gevoel vir WIT boere wat gemartel en vermoor en hulle vrouens wreed verkrag en aangerand word, en nou nog kinders ook ?? WAAR IS JULLE SIMPATIE met Suid AFRIKANERS???

Barney ·

Mens kan maar net jou skop skud. Afrikaners wat amper kant kies saam met Moslems wat Britte aanval, maar hulle mede Afrikaners wat die meeste Spur restaurante besit, boikot. Mooi man.

Jip ·

Ja wat as jy nie wil HOOR nie moet jy voel. Die Afrikaners was nou lank genoeg nice gewees en het geld in mense se sakke ingepomp net om agterna uitgeskel te word. Die Spur moet maar voel en so ook die Wrede Britte wat duisende Afrikaners om die lewe gebring het.

Karmi ·

Suid-Afrikaners bekommer julle eerder oor die berig oor die vrou wat WREED AANGEVAL EN VERKRAG was.

Steven ·

En nogsteeds is ons veiliger hier, as in godelose Suid Afrika.

Buchem ·

As ek so na die Saffas se komentaar lees, is ek bly ons het besluit om nie die moeite te doen om te gaan stem hier vir die SA verkiesing nie. Soveel komentaar wat lees ons, Britte verdien dit, maar gaan tekere oor die boere, verdien hulle dit dan ook mmm SA? of net almal anders behalwe wit saffas? Nee wat, dank vader eks klaar met daai land.

Dirk Breytenbach ·

Ek skaam my vir sekere van die kommentators hierbo, julle gryp mekaar aan die keel oor iets wat in die buiteland gebeur en in die proses verlaag julle die Afrikaner se statuur in die oe van ons vyande. Ek stel voor leer iets uit die chaos in die wereld en neem verantwoordelikheid vir julle eie bestemming en veiligheid. Van die lamlendiges wat hierbo chaos saai dink in elk geval nie hulle is Afrikaners nie en lyk of hulle verbitterd is vir ander redes en geen regdenke mens verfoei sy eie groep of volksgenote so nie. Die leiers van die VF+, Solidariteit, Afriforum en Afrisake is professioneel, ervare, eerbaar en goed toegerus vir hulle taak en diegene wat wel glo hulle is Afrikaners behoort hulle te ondersteun op alle moontlike terreine. Die res van die randeiers en selfhaters kan gerus eenkant toe staan en by die Engelse of enige ander groep aansluit en kan dan daar hopelik positiewe bydraes lewer om aan ‘n plek vir almal in SA te bou. Los die Afrikaner en sy geskiedenis uit as jy nie met feite kan redeneer nie. Pasop vir sekere van die kommentators hierbo, dis duidelik dat hulle ‘n agenda het wat van erens af georkestreer word om verdeeldheid en verdraaing van die geskiedenis te saai.

Worry nie ·

Hoekom is julle verbaas? Die BRITTE voel vir ons Suid Afrikaanse boere wat DAAGLIKS vermoor word niks nie, ek verstaan nie hoekom is julle verbaas dat ons nie tekere gaan en huil en met plakkate rondloop en GEREGTIGHEID eis in Brittanje nie. Waar was Brittanje toe die blankes van hulle plase verjaag is in ZIMBABWE? HULLE burgers? Waar is hulle nou dat wit boere vermoor word op plase in SA? Hulle was afterall die kolonialiste was hulle nie? NEEWAT elkeen vir homself en SKAAM JOU MAAR VIR MY !!

Nathan ·

Soos ek die kommentaar lees, is ek darm maar bitter bly ek is nie meer n Suid Afrikaner nie, sien myself as n trotse Ier. Hierdie is nou dieselfde mense wat moan en vra dat buitelanders die wereld moet bewus maak van plaasmoorde, maar dan se die britte verdien dit.

Pieter ·

Ek stem saam Nathan: ek was ook eens op ‘n tyd ‘n Suid Afrikaner, maar ek is baie bly ek is nie meer een nie!

Claudie M ·

Sjoe, dis met ongelooflike hartseer wat mens die nuus en al die meegaande kommentaar lees, van al die kante van die spektrum.
Nog ‘n vyfjarige dogtertjie se lag is stil, nog ‘n vrou aangerand, nog mense deur haat vernietig hier en oorsee.
Nou is die tyd om te bou, te probeer herstel, te ondersteun, binne en buite SA, ter wille van die mensdom, die land, jouself.
Geloof, hoop, liefde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.