Foto’s: Noodlanding ná erge turbulensie

Turbulensie op American Airlines Vlug 280 onderweg van Seoel na Dallas, Texas Foto: Marc R. Stanley, Facebook

Turbulensie op American Airlines Vlug 280 onderweg van Seoel na Dallas, Texas Foto: Marc R. Stanley, Facebook

ʼn Vlug van American Airlines moes Dinsdag ʼn noodlanding maak by die Narita-lughawe in Tokio na erge turbulensie tydens ʼn winterstorm.

NBC berig 4 passasiers en een bemanningslid is beseer op Vlug 280 onderweg van Seoel na Dallas in Amerika.

Marc R. Stanley van Dallas, Texas, was ʼn passasier op die vlug en het die foto’s op Facebook gelaai. “Nie ʼn vreeslike aangename vlug van Seoel na DFW (Dallas/Fort Worth Internasionale Lughawe) vandag nie,” het hy geskryf. “Het ongeveer ʼn uur lank buitensporige turbulensie beleef en moes terugdraai na Narita weens erge beserings wat passasiers en bemanningslede opgedoen het en glo ook skade aan die vliegtuig. Een van die vlugbeamptes het ʼn uitgangsteken uitgehaal. Goeie punte aan die bemanning. Slegte punte vir die weerouens by American Airlines.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Willie ·

Dit was seker ‘n rodeo rit. Ek sal dit nié oorleef. Wanneer ‘n vliegtuig ‘n klein bietjie bokspring gryp ek met geel kneukels die armleunings vas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.