[Foto’s] Nuwe lug-swembad beplan

Foto: Homes and Property

Foto: Homes and Property

‘n Lug-swembad word in Londen beplan wat in sy geheel uit glas gebou gaan word en 10 verdiepings bo die grond sal hang.

Die 25 m x 5 m groot swembad sal drie meter diep wees en die glas sal 20 cm dik wees. Die swembad sal as ʼn tipe brug tussen twee woonstelblokke in Londen se Elm’s-distrik dien.

Konstruksie begin vanjaar en inwoners behoort teen 2018 in te trek.

“My idee vir die lug-swembad kom uit ʼn begeerte om die grense te verskuif in moontlikhede van konstruksie en ingenieurswerk,” het Sean Mulryan, uitvoerende hoof van die Ballymore Group, aan Homes and Property gesê. “Ek wou iets doen wat nog nooit vantevore gedoen is nie. Die swembad se deurskynende struktuur is die gevolg van noemenswaardige vordering in tegnologie die afgelope dekade. Die ervaring sal uniek wees; dit sal voel of jy deur die lug sweef in sentraal-Londen.”

Woonstelle is in September beskikbaar vanaf £6 miljoen (R120 miljoen) per eenheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

candice ·

Ek SALI daarin swem nie! Not ‘n ticky! Water dra baie gewig! Wie dink sulke simpel goed uit… moet di mense leer van dam-swem ….

Paul ·

En wanneer het jy jou kwalifikasie iningenieurswese verwerf?

SNEL ·

Daar is geen manier wat ek in so ding sal swem nie. Dan ry ek eerder 300km per uur op n motorfiets sonder n helmet, swem saam met haaie sonder n hok, klim die hoogste berg in n sneeustorm met net n deurtrekker, maar daar swem ek beslis nie. No ways!!

BoereBikerBaby ·

Dink mense harloop uit idees uit en kom op met sulke simpel goed. Wat gaan gebeur as jy so paar sopies in het en wil duik en jy spring die swembad heel mis? Sal hulle dit as selfmoord sien of ‘n frats ongeluk? Eerlik waar, dis net simpel…

Derick ·

Dis ‘n great idee, ek sal beslis daarin swem, dis mos nou deel van ‘n adrenalien junky se lewe…(As jy nooit probeer, sal jy altyd wonder!)

Ben ☺☺☺ ·

120 000 000 per eenheid – hier is `n geleentheid vir Zuma om `n paar rand te blaas.

André ·

Ek sal daarin swem! Iemand wat bietjie uit die boks uit dink, goed gedoen. Die prys vir n eenheid daar is nou net iets wat baie min mense sal kan bekostig. Nietemin, ek hou van die idee.

Marc sacco ·

Kyk na die Joule hotel in Dallas waar Adam Tihany in 2006 so n swembad oor die hoofstraat gebou het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.