[Foto’s] Nuwe (realistiese) lyfies vir Barbie-poppe

Die nuwe Barbies

Die nuwe reeks Barbies

ʼn Nuwe generasie Barbie-poppe is Donderdag vrygestel en sy is nou ronder, langer of kleiner en ook in verskillende velkleure beskikbaar.

Slegs 20 persone was bewus van Mattel se “geheime projek”, Project Dawn, om Barbie se onrealistiese lyfie ná 57 jaar aan te pas.

Die nuwe Barbie spog nou met drie verskillende liggaamstipes: fyn, lank en met kurwes. Hulle is reeds op Barbie.com beskikbaar, tesame met die oorspronklike pop. Die nuwe Barbies is ook in ʼn verskeidenheid velkleure en haarstyle beskikbaar.

Time het die aankondiging gemaak met ʼn eksklusiewe voorbladstorie deur Eliana Dockterman. Die voorblad spog met die nuwe Barbie met haar nuwe kurwes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
wilma

Nou maar ja. Nou kan almal lekker saam speel. Wat v barbie se kerel Ken.?

Frannie

It’s just not the same. ;-)

Petro

Dis n goeie ding want te veel vrouens wil soos lyk soos barbie solank meisies nie dink dis oky om oorgewig te wees nie hul moet leer om na hulself en hul liggaame te kyk

Olivia

Party meisies en seuns is oorgewig weens mediese redes soos insulienweerstandigheid, dit skep ‘n meer realistiese beeld oor wat regtig in die lewe aangaan. Baie meisies en seuns wat oorgewig is, is fiks en oefen gereeld maar kan weens mediese redes nie die gewig afskud nie. Hulle word geweldig geboelie op skool, op sosiale media ens. Die poppe skep ook vir hulle ‘n beeld dat dit reg is om anders te wees en alles is nie hulle skuld nie. Te veel stigma is gekoppel aan maer wees. Anoreksia, Bulimia en meer. Jy kan gesond wees en kurwes he. Om maer… Lees meer »

Gideon

Ek wonder net altyd hoekom is mense in oorlog gebiede, waar kos min is so maer!! Waar is dan die mense ewe skielik met skildklier en insulien weerstandigheid!! Vet mense eet teveel! Dit sien ek altyd by restaurante, borde vol ongesonde kos vir hulle hele familie!