[Foto’s] Nuwe (realistiese) lyfies vir Barbie-poppe

Die nuwe Barbies

Die nuwe reeks Barbies

ʼn Nuwe generasie Barbie-poppe is Donderdag vrygestel en sy is nou ronder, langer of kleiner en ook in verskillende velkleure beskikbaar.

Slegs 20 persone was bewus van Mattel se “geheime projek”, Project Dawn, om Barbie se onrealistiese lyfie ná 57 jaar aan te pas.

Die nuwe Barbie spog nou met drie verskillende liggaamstipes: fyn, lank en met kurwes. Hulle is reeds op Barbie.com beskikbaar, tesame met die oorspronklike pop. Die nuwe Barbies is ook in ʼn verskeidenheid velkleure en haarstyle beskikbaar.

Time het die aankondiging gemaak met ʼn eksklusiewe voorbladstorie deur Eliana Dockterman. Die voorblad spog met die nuwe Barbie met haar nuwe kurwes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

wilma ·

Nou maar ja. Nou kan almal lekker saam speel. Wat v barbie se kerel Ken.?

Petro ·

Dis n goeie ding want te veel vrouens wil soos lyk soos barbie solank meisies nie dink dis oky om oorgewig te wees nie hul moet leer om na hulself en hul liggaame te kyk

Olivia ·

Party meisies en seuns is oorgewig weens mediese redes soos insulienweerstandigheid, dit skep ‘n meer realistiese beeld oor wat regtig in die lewe aangaan. Baie meisies en seuns wat oorgewig is, is fiks en oefen gereeld maar kan weens mediese redes nie die gewig afskud nie. Hulle word geweldig geboelie op skool, op sosiale media ens. Die poppe skep ook vir hulle ‘n beeld dat dit reg is om anders te wees en alles is nie hulle skuld nie. Te veel stigma is gekoppel aan maer wees. Anoreksia, Bulimia en meer. Jy kan gesond wees en kurwes he. Om maer te wees beteken nie jy is gesond nie. Ek ken vele maer vrouens (my suster) ingesluit wat so is agv genetika en hulle het cholestrol, hoë bloeddruk en meer.

HenkL ·

Ek dink die mediese redes is net ‘n skuiwergat vir vraatsug en ‘n baie swak wilskrag. Daar is altyd maniere om dit te oorkom maar dit is te maklik om jou swakheid agter siekte weg te steek.

Gideon ·

Ek wonder net altyd hoekom is mense in oorlog gebiede, waar kos min is so maer!! Waar is dan die mense ewe skielik met skildklier en insulien weerstandigheid!! Vet mense eet teveel! Dit sien ek altyd by restaurante, borde vol ongesonde kos vir hulle hele familie!

Karma ·

Gideon, kom by, asb. Gaan lees ‘n bietjie na oor insulienweerstandigheid, dan sal jy miskien saam kan praat. Gene speel ‘n GROOT rol in groot – oorgewig, obese – mense se lewe. Ek is oorgewig en weet jy wat, ek het daardie gewig opgetel in die afgelope 10 jaar wat ek as diabeet gediagnoseer is en insulien begin gebruik het.

Die toediening van kunsmatige insulien het my pankreas “lui” gemaak sodat dit nou nie alleen meer (soos in die begin) baie insulien, van swak gehalte, afskei nie, maar GEEN insulien afskei nie. Ek is dus biologies insulienweerstandig. Kry tog jou feite reg voor jy ‘n opinie lug?

HenkL ·

Ek stem heelhartig met jou saam. Ek is ook ‘n diabeet, en my gewig bly waar dit is want ek kan myself beheer waar dit by eet kom. Ek eet kleiner porsies en baie meer gereeld, soos die dokters aanbeveel het. Die mense wat so agter siektes wegkruip, sien nie die ware siekte raak nie, en dit is dat hulle vraatsugtig is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.