Foto’s: Olifant kry kusdorp in rep en roer

Die enkele olifantbul is Dinsdagoggend gewaar. (Foto: Verskaf)

Inwoners van Swakopmund in Namibië is Dinsdagoggend die skrik op die lyf gejaag toe ’n enkele olifantbul ’n paar honderd meter van huise en die hoofpad gewaar is.

Niel Terblanche, ’n ooggetuie, sê motoriste het aanvanklik die grootpoot tussen Swakopmund en Hentiesbaai in die duine oos van die hoofpad tussen die twee kusdorpe gewaar.

’n Groot groep mense het in hul voertuie saamgedrom om na die majestueuse dier te kyk waarna lede van die Namibiese polisie, amptenare van die departement van omgewingsake en toerisme en die Swakopmund-nooddienste ontplooi is om die olifant se bewegings te monitor en mense van die dier af weg te hou.

Teen Dinsdagmiddag het die olifant noord, weg van die dorp, begin beweeg. Amptenare van die departement volg die olifant onder meer met die doel om kos en water vir die dier uit te sit.

Inligting in berig met vergunning van Kanaal 7.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.