Foto’s: Papawers herdenk Eerste Wêreldoorlog

Foto: Atrevete, Facebook

Foto: Atrevete, Facebook

Die Tower in Londen het ʼn spesiale uitstalling van keramiek-papawers om die 100 jaar sedert die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog te herdenk.

Die koninklike gesin het Dinsdag die uitstalling bygewoon en die hertog en hertogin van Cambridge en prins Harry het elk ook ʼn papawer geplant.

Die wins uit die verkope van die papawers sal uiteindelik aan ses militêre liefdadigheidsorganisasies geskenk word.

Die publiek kan ʼn papawer koop, die blom aan iemand opdra of aanbied om te help om die papawers te plant. Klik hier om meer te lees.

Klik hier om die plasing op Tower of London se Facebook-blad te sien.
Klik hier om nog foto’s op Atrevete se Facebook-blad te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.