
Inwoners soek lafenis in die fonteine van Aalborg in Denemarke. (Foto: Henning Bagger/AP)
Parys en Londen maak reg vir rekord temperature wanneer die tweede hittegolf dié somer Brittanje en die Europese vasteland tref.
In Parys kan die kwik Donderdag tot 42 °C styg weens warm, droë lug uit Afrika wat vasgekeer is tussen koue stormstelsels.
In Londen word temperature voorspel wat by 39 °C kan draai, terwyl dele van Duitsland, België, Nederland, Luxembourg en Switserland regmaak vir temperature bó 40 °C.
Klimaatswetenskaplikes waarsku dié temperature kan die nuwe standaard word. Gemagtigde Europa – waar lugverkoelers eintlik maar skaars is – is nie toegerus vir dié soort temperature wat die streek vandeesweek laat sweet nie.
Toeriste spring sommer in fonteine om af te koel, terwyl die owerhede help om bejaardes, siekes en haweloses, die mense wat die swaarste onder die hittetoestande gebuk gaan, by te staan.

Vrese bestaan dat die hittegolf die boogstutte van die reeds erg beskadigde Notre Dame-katedraal in Parys kan laat ineenstort. (Foto: Rafael Yaghobzadeh/AP)
Intussen word berig dat Notre Dame in Parys, die katedraal wat vyf maande gelede in ʼn massiewe brand beskadig is, weens die hitte inmekaar kan stort.
Philippe Villeneuve, hoofargitek wat betrokke is by die restourasie van die gebou, het gesê ná die brandbestrydingspogings is die klip- en messelwerk versadig met water.
“Ek is bang dat wanneer die laste en messelwerk uitdroog, dit die bindingsvermoë en strukturele integriteit gaan verloor en dat die boogstutte dan skielik gaan meegee.”
Villeneuve het gesê sensors is ná die brand op 15 April in die katedraal geplaas, maar daar was sedertdien nog geen beweging nie.
Die brand het die dak van 850 jaar oue gebou verwoes.
Die hittegolf oor westelike en sentraal-Europa bereik na verwagting vandag ʼn hoogtepunt.
Frankryk se nasionale weerdiens het intussen 80 van sy 96 streke op ʼn gereedheidsgrondslag geplaas.
- In Oslo het mense na openbare swemplekke gestroom om van die hitte te probeer ontsnap. (Foto: Erik Johansen/AP)
- Mense koel af in ‘n fontein by die Louvre-museum in Parys, Frankryk. (Foto: Rafael Yaghobzadeh/AP)
- (Foto: Rafael Yaghobzadeh/AP)
- Mense soek lafenis in ‘n fontein in Milan, Italië. (Foto: Luca Bruno/AP)
- Twee mans koel af in ‘n fontein in Brussel in België. (Foto: Francisco Seco/AP)
- ‘n Man stap verby ‘n fontein in Gelsenkirchen in Duitsland, wat ook rekordhoë temperature ervaar. (Foto: Martin Meissner/AP)
- Mense koel af in ‘n fontein by die Louvre-museum in Parys in Frankryk. (Foto: Rafael Yaghobzadeh/AP)
- ‘n Seuntjie baljaar in ‘n fontein in Berlyn in Duitsland. (Foto: Michael Sohn/AP)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Ons hier in die sonnige sa is gewoond aan daai temperatures
Dié is glad nie dieselfde hitte as wat SA beleef nie…Dit is soos ons winters hier met die “winters” in SA te vergelyk, dan sê saffas hul bibber van die koue, dan is dit maar -2grade LOL
Hoe is 40°C in Europa warmer as 40°C in Suid-Afrika? Veral in subtropiese streke aan die ooste van Suid-Afrika.
Die merrem met die Corgis se mense het nou hul ses maandelikse bad in …..
Ek bly al 18 maande in Duitsland – ons het tans 40’C…dis SOVEEL anders as in SA, want huise hier is gebou om hitte binne te hou. Ek kla nie, geniet dit vreeslik, maar die huise binne wat so warm is (kyk na ooste) is rof. Die warmste tyd van die dag is ook tussen 15h00 en 17h00 met die son wat eers 21h00 ondergaan. Al die klein goedjies maak ‘n verskil :)