[Foto’s] Pippa Middleton trou

Pippa Middleton en James Matthews (20 Mei 2017) AP Photo/Pool)

Pippa Middleton, die suster van Kate, hertogin van Cambridge, is Saterdag in die eg verbind met die welgestelde fondsbestuurder James Matthews.

Die klokke het gelui ná die uur lange seremonie in ʼn yslike markies met mure van glas wat in die gronde naby Middleton se ouers se huis opgerig is.

Middleton (33) en Matthews (41) het vir die skare gewuif en mekaar voor die deur gesoen voordat hulle na die onthaal vertrek het.

Pippa het ʼn tradisionele kortmou rok van wit kant gedra tydens die seremonie wat Engeland se “troue van die jaar” genoem word.

Die rok is deur die bekende ontwerper Giles Deacon gemaak, volgens Robert Johnson, redakteur van die London Evening Standard.

Kate en haar man, prins William, en hul twee kinders prins George en prinses Charlotte, het ook die troue bygewoon. Prins Harry was ook daar, asook die tennisster Roger Federer.

Die driejarige George en tweejarige Charlotte was onderskeidelik hofknapie en blommemeisie tydens die seremonie.

Prins Harry se meisie, Meghan Markle, het nie die geleentheid bygewoon nie.

Volgens berigte in die Britse pers sal die onthaal ʼn Skotse tema hê vir die ongeveer 350 gaste, asook ʼn verbyvlug deur ʼn Spitfire, ʼn Britse Tweede Wêreldoorlog-vegvliegtuig.

Volgens die Daily Mail is 120 gaste na die seremonie en 300 na die onthaal genooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Lw ·

Baie mooi troue. Jul het ons omtrent bederf met al die mooi fotos, Maroela.

Rina Kotze ·

Mooi was nog nooit lelik nice en die Britte kan darem maar stylvol troue hou!
Dankie Maroela! iets moois ipv AL die slegte nuus!

Wikkel ·

Die twee susters het omtrent gewikkel met hulle talente, wel gedaan

My mening ·

Hierdie is beslis die fondsbestuurder se beste vonds ooit!
Die Middletons het beslis nie soetsappige stories wat hulle vergesel soos wat die geval is met sekere ‘bekendes’ in SA.
Die oumense sou egter die van uitgespreek het as ‘Middeltoon’.
Voorspoed vir julle!

Lollie ·

Pragtig MM. Tussen al die moord en doodslag nuusbrokkies is dit baie lekker om so iets te sien. Ons het werklik ń paar positiewe en mooi nuusbrokkies nodig!

SARIE VAN HEERDEN ·

Kan ek ook my aandeel bring om Maroela te bedank vir die mooi foto’s van die Britse troue?

Ek ook ·

Ek ook Sarie, dankie Maroela, wat n voorreg! Werklik mooi foto’s. stylvolle troue

Loretta ·

Jy lyk sooo beautiful Pippa. Baie dankie Maroela ek stem dit was regtig iets anders om na te kyk, Kate is n regte prinses nes haar skoonma Dink Diana sou trots op haar gewees het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.