[Foto’s] Prins George (4) begin sy skoolloopbaan

Prins George (4) saam met William (Foto: Richard Pohle/Pool/AP)

Prins George (4) van Engeland begin Donderdagoggend sy skoolloopbaan by die gesogte Thomas Battersea privaat skool in Londen.

Die Kensington-paleis het ʼn skattige foto van die jong prins op sy amptelike Twitter-rekening gedeel om dié nuus te vier.

Foto’s waar die prins sy pa, die hertog van Cambridge, William, se hand vashou terwyl hy sy eerste skooldag amptelik begin, doen die ronde op sosiale media. Volgens ʼn verklaring van die Kensington-paleis kon Kate, die hertogin van Cambridge, nié die geleentheid meemaak nie omdat sy aan erge oggendnaarheid ly. Die koninklike egpaar het hul derde swangerskap Maandag bekend gemaak.

Volgens die webwerf Evening Standard gaan dié skool die prins se ouers sowat £6 000 (ongeveer R100 000) per kwartaal uit die sak jaag. Dit staan in kontras met William se eerste skooldag by die Mrs Mynors-kleuterskool wat nié so gesog was nie.

Volgens Thomas Battersea se webwerf is die belangrikste reël vir leerders in dié skool glo “om gaaf te wees teenoor ander”.

Simon O’Malley, die skoolhoof, sê hoewel die skool trots is op sy akademiese prestasies, is die belangrikste vir hom die “klem wat die skool op waardes” plaas. Die skool lê onder meer klem op “hoflikheid, selfvertroue, nederigheid en om te leer om vir ander mense te gee en nie bloot te neem nie”.

Die skool raai ook sy leerders af om “beste vriende” te maak om te probeer keer “dat die leerders se gevoelens seergemaak word”.

George is op 22 Julie 2013 om 16:24 by die St Mary’s-hospitaal gebore en het 3,8 kg geweeg. Sy sussie, prinses Charlotte, is op 2 Mei verlede jaar gebore.

Prins George (4) saam met William (Foto: Richard Pohle/Pool/AP)

Prins George (4) saam met William (Foto: Richard Pohle/Pool/AP)

Prins George (4) saam met William (Foto: Richard Pohle/Pool/AP)

Prins George (4) saam met William, Kate en prinses Charlotte (Foto: Richard Pohle/Pool/AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Kloekie ·

Arme Kate wat die outydse klere moet dra..
Ek skat vir daai geld sal ek seker ook n gordyn dra

Susan ·

Dit is nie Kate wat saam met hulle op die foto is nie, maar wel die onderwyseres.

Haan ·

Ons voorouers draai in hul grafte om as hulle moes sien hoe ons aan die Engelse se lippe hang!

jennefer ·

Let op ! skool begin op 4 nie soos hier op 7 of soms 8 jaar ouderdom nie.

Wonder ·

Jennefer defnitief nie formele onderrig nie! Fokus op motoriese en perseptuele onderrig om gereed te wees vir lees spelling wiskunde ens!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.