Prins George (4) van Engeland begin Donderdagoggend sy skoolloopbaan by die gesogte Thomas Battersea privaat skool in Londen.
Die Kensington-paleis het ʼn skattige foto van die jong prins op sy amptelike Twitter-rekening gedeel om dié nuus te vier.
Foto’s waar die prins sy pa, die hertog van Cambridge, William, se hand vashou terwyl hy sy eerste skooldag amptelik begin, doen die ronde op sosiale media. Volgens ʼn verklaring van die Kensington-paleis kon Kate, die hertogin van Cambridge, nié die geleentheid meemaak nie omdat sy aan erge oggendnaarheid ly. Die koninklike egpaar het hul derde swangerskap Maandag bekend gemaak.
Volgens die webwerf Evening Standard gaan dié skool die prins se ouers sowat £6 000 (ongeveer R100 000) per kwartaal uit die sak jaag. Dit staan in kontras met William se eerste skooldag by die Mrs Mynors-kleuterskool wat nié so gesog was nie.
Volgens Thomas Battersea se webwerf is die belangrikste reël vir leerders in dié skool glo “om gaaf te wees teenoor ander”.
Simon O’Malley, die skoolhoof, sê hoewel die skool trots is op sy akademiese prestasies, is die belangrikste vir hom die “klem wat die skool op waardes” plaas. Die skool lê onder meer klem op “hoflikheid, selfvertroue, nederigheid en om te leer om vir ander mense te gee en nie bloot te neem nie”.
Die skool raai ook sy leerders af om “beste vriende” te maak om te probeer keer “dat die leerders se gevoelens seergemaak word”.
George is op 22 Julie 2013 om 16:24 by die St Mary’s-hospitaal gebore en het 3,8 kg geweeg. Sy sussie, prinses Charlotte, is op 2 Mei verlede jaar gebore.
Charlotte is in 2015 gebore, nie verlede jaar nie.
Bly om te sien iemand ander het dit ook opgelet.
Skattige ou seuntjie !!!
Hy lyk te oulik, kan nie glo hy is al so groot nie???
Arme Kate wat die outydse klere moet dra..
Ek skat vir daai geld sal ek seker ook n gordyn dra
Kloekie: Miaau!
Dit is nie Kate wat saam met hulle op die foto is nie, maar wel die onderwyseres.
Ons voorouers draai in hul grafte om as hulle moes sien hoe ons aan die Engelse se lippe hang!
Let op ! skool begin op 4 nie soos hier op 7 of soms 8 jaar ouderdom nie.
Jennefer defnitief nie formele onderrig nie! Fokus op motoriese en perseptuele onderrig om gereed te wees vir lees spelling wiskunde ens!