Foto’s: Prins George se eerste verjaarsdag

Die foto is deur John Stillwell tydens die “Sensational Butterflies”-uitstalling by die Museum van Natuurgeskiedenis in Londen geneem.  Foto: dukeandduchessofcambridge.org)

Die foto is deur John Stillwell tydens die “Sensational Butterflies”-uitstalling by die Museum van Natuurgeskiedenis in Londen geneem. Foto: dukeandduchessofcambridge.org)

Prins George van Engeland vier Dinsdag sy eerste verjaarsdag en sy ouers het ʼn boodskap van waardering vir al die goeie wense met nuwe foto’s van George vrygestel.

Die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en sy vrou Catherine, het ʼn privaatpartytjie by hul Kensington-paleis in Londen gehou.

Nuwe foto’s van die peuter, wat onlangs sy eerste paar treë gegee het, is ook vrygestel. Die foto’s is ʼn paar weke gelede deur John Stillwell tydens die “Sensational Butterflies”-uitstalling by die Museum van Natuurgeskiedenis in Londen geneem.

“Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om almal te bedank vir die afgelope jaar, waar ons hulle ook al ontmoet het, tuis en oorsee, vir hul hartlike wense aan George en ons gesin,” het William en Kate gesê.

Volgens London Evening Standard-koerant het Kate self George se koek gebak.

George is op 22 Julie 2013 om 16:24 by die St. Mary’s-hospitaal gebore en het 3.8 kg geweeg.

ʼn Koninklike silwer £5-munt is spesiaal vir die geleentheid uitgereik.

Klik hier om die gesin se amptelike webwerf te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

magda ·

Hy is met eenwoord opvreetbaar pragtig en volmaak – God please bless him and his parents…

magda ·

Hy is met eenwoord opvreetbaar pragtig en volmaak – God please bless him and his parents…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.