Foto’s: Prins Louis word vier

Prins Louis (Foto: Hertogin van Cambridge via AFP)

Prins William en sy vrou, Kate, se jongste spruit, prins Louis, vier Saterdag sy vierde verjaarsdag.

Die hertog en hertogin van Cambridge het oudergewoonte weer skattige foto’s in aanloop tot die verjaarsdag gedeel en dít tot almal se groot vreugde.

Klein Louis glimlag breed in dié foto’s wat sy ma vroeër vandeesmaand op ’n strand in Norfolk van hom geneem het.

Die prinsie, die vyfde aanspraakmaker op die Britse troon, baljaar in die foto’s kaalvoet op die strand, maar is netjies uitgevat in ’n grys trui, kraaghemp en kortbroek.

Prins Louis (Foto: Hertogin van Cambridge via AFP)

Talle sosialemediagebruikers het daarop gewys dat Louis vinnig grootword. “Ek dink hy is ’n goeie mengsel van Charlotte en George!” het een sosialemediagebruiker laat hoor. Sommige glo egter hy lyk op ’n druppel na sy ouboet George.

George word in Julie nege jaar oud. Sy sussie, Charlotte, vier volgende maand haar sewende verjaarsdag.

Die koninklike egpaar stel jaarliks nuwe foto’s van hul kinders op hul verjaarsdae aan lede van die publiek bekend.

Louis se verjaarsdag volg maar twee dae ná sy oumagrootjie, koningin Elizabeth II, se 96ste verjaarsdag.

Prins Louis (Foto: Hertogin van Cambridge via AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.