[Foto’s] Prinse William, Harry ‘spyt’ oor laaste oproep met hul ma

Prinses Diana saam met prins Harry (Foto: Twitter)

Die ontslape prinses Diana se twee seuns van die Britse koningshuis, prinse William en Harry, sê in ʼn nuwe dokumentêr oor haar lewe hulle is spyt oor hul laaste oproep met Diana wat glo baie gejaagd was.

Dié dokumentêr – Diana, Our Mother: Her Life and Legacy – word op 31 Augustus vanjaar vrygestel wanneer sy twee dekades oorlede sal wees.

In dié dokumenter praat die prinse intiem oor hul ma, en erken dat hulle enkele oomblikke voor haar dood met haar op die telefoon gepraat het.

“Ek en Harry was in ʼn groot gejaag om totsiens te sê, jy weet: ‘Sien jou later.’ As ek geweet het dit [die ongeluk] gaan gebeur, sou ek nie so blasé oor die gesprek gewees het nie,” het William in ʼn onderhoud oor die dokumentêr gesê.

Prins Harry het gesê hy en sy broer moet nou vir ewig met dié las rondloop dat hulle nie hul ma ordentlik kon groet nie.

“Sy het van Parys af gebel. Ek kan nie noodwendig onthou wat ek gesê het nie, maar wat ek weet, is dat ek vir die res van my lewe spyt sal wees oor die kort telefoonoproep.”

Prinses Diana saam met prins William (Foto: Twitter)

Nick Kent, die uitvoerende regisseur, sê Diana, Our Mother: Her Life and Legacy bied ʼn blik op die “private Diana”.

“Niemand het nog ooit die storie vertel vanuit die oogpunt van die twee mense wat haar beter as enigiemand anders geken het en haar meer as enigiemand liefgehad het nie: haar seuns,” sê Kent.

Die prinse praat onder meer oor Diana as ʼn ma en haar en prins Charles se gebroke huwelik.

Die dokumentêr spreek ook onder meer haar liefdadigheidswerk aan, maar nié gerugte oor buite-egtelike verhoudings nie.

Kent meen egter dit was die besluit van die vervaardigers om haar nie in ʼn negatiewe lig te plaas nie, en dat die Britse koninklikes geen onderwerp verbied het nie.

Intussen het Kensington-paleis ook vyf foto’s van Diana saam met William en Harry vrygestel wat nog nooit vantevore gesien is nie.

“Die hertog en prins Harry deel graag dié foto’s uit hul persoonlike foto-album van die ontslape Diana, prinses van Wallis,” het die amptelike Twitter-rekening van die Kensington-paleis gesê.

William en Harry het vroeër vandeesmaand ʼn privaat gedenkdiens vir Diana bygewoon. ʼn Standbeeld ter ere van die ontslape prinses word ook binnekort buite die koninklike broers se amptelike Londen-woning opgerig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

popeye ·

Miskien moet Mandela se dokter ‘n paar notas maak hieruit en weer probeer skryf aan sy boek….

Lollie ·

Pragtig. So bly dat hulle net die mooi dinge in die boek gaan sit. Sy het ook haar foute gehad maar haar mooi het dit by verre oorheers. Om deel te wees van daardie familie het sy regtig bitter min foute gehad want maklike lewe het sy beslis nie gehad nie. Daardie suurknolle met baie geraamtes in die kas is net een te veel vir enige normale mens. Diana jy was ń pragtige mens met ń pragtige geaardheid en jy sal dit altyd bly! Daarom het jy nie by hulle ingepas nie en daarom het hulle nie van jou gehou nie. Jy het altyd die kollig gesteel!

lynni ·

Die kinders se hul het hul ma voor haar dood ‘n maand laas gesien. Saam met Dodi vakansie gehou. Dood bly erg vir die wat agterbly.

bren ·

Ek sou ook met vakansie wou wees as ek getroud was met so ou suurknol; kinders het pragtige volwassenes geword; danksy Diana ja….syt nooit haar kinders afgeskeep nie.

E.K. - ek sê net! ·

Sy was ‘n voorbeeld van iemand wat WERKLIK omgegee het. Sy het nie met handskoentjies en handsakkie en stywe glimlag ‘n handdruk uitgedeel nie; sy het Vigspasiënte omhels sy het het gegaan waar ander te bang was (in afrika waar landmynslagoffers was en gesien hoe onskuldiges deuur oorloë en veral landmyne geraak is), sy het liefde betoon aan almal met wie sy in aanraking gekom het. Sy was ‘n ware prinses.

E.K. - ek sê net! ·

…wou ook byvoeg ek het die roos People’s Princess in my tuin – dis spesiaal vir haar gekweek en dit dra so mooi en ruik sag. Wat ‘n mooi gebaar om so -iets vir haar te gekweek het, want sy was juis dit – the people’s princess!

SARIE VAN HEERDEN ·

E.K. ek se net,
Waar ky ons die People’s Princess roos?

E.K. - ek sê net! ·

Sarie van Heerden – jy behoort dit by enige tuinsentrum te kry wat rose aanhou – andersins by Ludwig’s Roses. Google gerus Images of People’s Princess rose sodat jy kan sien hoe pragtig dit is. Dit lyk ampers bleekgroenligpienk as knop en maak dan oop as pragtig ligpienk blomme maar nie net gewone ligpienk rose nie – regtig besonders en die moeite werd om te plant! Hoop jy kom reg!

LB S ·

Ek sien die HuiLgenoot (ek koop of lees dit nooit, het toevallig dit by ‘n familielid gesien), het ‘n artikel in van ou Camille. Sy word nou opgehemel en daar word vertel hoe lelik Diana was met haar. Kan hulle haar kwalik neem? Regdeur die wittebrood en huwelik was ou Charles verknog aan diè vrou en het hy en die Koninklikes haar net vir ‘n stalperd gebruik!

Jakalas ·

Hoe kry ek trane in my oë net om daaraan te dink. Diana was ‘n regte unike persoonlikeheid wat baie mense se harte geraak het.

Ek en my ma is baie na aan mekaar en ek kan net in dink hoe sleg hulle voel oor daai foon oproep. Mens dink nie daaraan of die persoon nie meer môre daar gaan wees nie. Sê vir daai persoon vandag hoe mooi, slim en goed hulle is, want wanner mense dit op begrafnisse sê, kan die oorlede geliefde dit nie meer hoor nie.

VanAfrika ·

Prince William and Prince Harry, just understand this, your mother understood children. To her it meant nothing that you cut the phone call short, she knew what little boys can be like and she knew her two boys. This conversation between you two boys and your mom is not over yet. Live your lives like the rest of this conversation is going to be taken up in heaven the day when you part from this life to meet up with her, where she will be welcoming you at heavens doors. Bare in mind that it is not over yet. Your mom loved you no matter what and she loved you for the whole world to see. She taught a whole world a whole lot of lessons and she left a legacy to zillions. Don’t dwell on that phone call, you have a wonderful opportunity to take this phone call up with her when you meet again. Strongs to both of you

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.