Foto’s: Prinses Charlene, gesin herenig in SA

Prinses Charlene en haar man, prins Albert II van Monaco, saam met hulle kinders, Gabriella en Jacques. (Foto: Instagram/HSH Princess Charlene)

Prinses Charlene en haar man, prins Albert II van Monaco, en hulle sesjarige tweeling is die afgelope week in Suid-Afrika herenig nadat sy maande lank weens gesondheidskwessies in die land was.

Maroela Media het vroeër berig die prinses het op Vrydag 13 Augustus ʼn operasie ondergaan wat oor-neus-en-keelverwant is, maar dat sy reeds maande tevore in Suid-Afrika aangekom het en glo na ʼn huis soek.

Leefstyltydskrifte oor die hele Europa het die afgelope paar weke koorsagtig bespiegel dat dié koninklike huwelik dalk op die rotse is.

Terwyl daar toenemend gegis is oor haar afwesigheid in die prinsdom asook die toestand van haar huwelik, blyk dit dat die egpaar gelukkig is om herenig te wees uit foto’s wat Charlene Woensdag op haar Instagram-profiel gedeel het.

In een van die foto’s omhels Charlene en prins Albert mekaar. In nog ʼn rits foto’s pryk hulle blondekop-kinders, Gabriella en Jacques, en skerts sy selfs oor Gabriella se haarstyl.

“Gabriella het besluit om haar eie hare te knip. Jammer, my Bella, ek het my bes gedoen om dit reg te maak,” het prinses Charlene geskryf.

Charlene Wittstock, ʼn voormalige Olimpiese swemmer, is in 2011 met Albert getroud. Hul seun, Jacques, is die aanspraakmaker op die troon van die 700 jaar oue huis van Grimaldi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Aai ·

Klink nie vir my lekker dink hy het nie keuse gehad om na SA te kom sy wil hier bly.Glo sy wil naby haar familie wees vir wat kom.Waar daar ‘n rokkie is,is daar ‘n vuur.

Samuel ·

Moet mense altyd so negatief wees? Skindernuus is baie lekkerder as goeie, positiewe nuus.

Hester Wilhelmina ·

Hulle kan dit nou maar spin soos hulle wil, maar daai is nou nie ‘n paartjie wat mekaar maande laas gesien het nie. En daai storie dat sy nie mag vlieg nie, nonsens man, mediese vlugte in privaatstralers vind daagliks plaas oor die hele aardbol heen, met baie ernstiger toestande as ‘n oorinfeksie.

Suzette ·

Hester Wilhelmina, het jy al oor n simpel bergpas probeer ry met oor infeksie, wat staan nog vlieg. Duidelik nie….

Leana ·

Ek het al gevlieg met ‘n oor infeksie en dit is nie grappies nie, voel of daar ‘n breinaald deur jou een oorgesteek word na die ander oor toe Vrek seer.

Elinette ·

Hmmmmmm ………… ‘n foto sê 1000 woorde. Kyk hul liggaamstaal – sy klou letterlik aan hom vas; hy staan omtrent maar net daar. Die foto’s lyk baie onnatuurlik, so asof dit geneem is met die doel op om ‘n verenigde (verliefde?) front voor te hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.