[Foto’s] Prinses Charlotte lyk te skattig op dié foto’s

Kate en prins William met hul nuwe babadogtertjie, Charlotte Elizabeth Diana. Foto: Twitter

Kate en prins William met hul nuwe babadogtertjie, Charlotte Elizabeth Diana. Foto: Twitter

Die hertog en hertogin van Cambridge het die eerste foto’s van prinses Charlotte vrygestel. Die foto’s is in die begin van November geneem toe Charlotte ongeveer ses maande oud was.

Die foto’s is deur haar ma Kate geneem by hul huis in Norfolk.

Die hertog en hertogin ontvang steeds boodskappe van dwarsoor die wêreld vir Charlotte en hulle wou graag die foto’s met almal deel.

Charlotte Elizabeth Diana is op 2 Desember sewe maande oud. Sy is op 2 Mei 2015 in die St Mary’s-hospitaal in Engeland gebore en het 3.76kg geweeg. Die koninklike egpaar se eerste baba, prins George, is op 22 Julie 2013 in dieselfde hospitaal gebore.

Lees alle vorige berigte oor die hertog en hertogin van Cambridge op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

EMK ·

Ek onthou hoe haar pa gelyk het op foto’s op min of meer daardie ouderdom, so ek dink beslis sy trek na hom!

EMK ·

Ig, ja dit is nuus en positief ook. Beter as al die berigte oor moord en doodslag, verkragtig en mishandelign wat mens genoeg van kry. Daar is iets soos keuse van wat jy wil lees al dan nie, pas die keuse toe as dit nou nie vir jou nuus is nie ai!

issiemattheedeleca ·

Hulle ht die mooiste ou dogtertjie,en seuntjie. Te pragtig!!

Rina Kotze ·

Watter wonderlike afleiding van al die slegte nuus in ons ou wêreld!
Sy is kostelik en pragtig!
Baie jammer haar Ouma Diana kan haar en haar Boeta nie geniet nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.