Foto’s: Prinses Charlotte se doop

Prinses Charlotte Elizabeth Diana is Sondag in die Mary Magdalene-kerk in Norfolk in die ooste van Engeland gedoop.

Die BBC berig prinses Charlotte, Prins William en Kate se tweede kind, is in dieselfde kerk gedoop as haar ouma Diana, prinses van Wallis. Koningin Elizabeth II, haar man, prins Charles en sy vrou Camilla, Kate se ouers en broer en suster sowel as ʼn paar vriende het die seremonie bygewoon.

William en Kate het van Sandringham House saam met hul twee kinders tot by die kerk geloop. Die stootwaentjie waarin prinses Charlotte na die kerk gestoot is, is die een wat die koningin vir haar twee kinders gebruik het.

Daar is ook aangekondig dat prinses Charlotte vyf peetouers het, twee minder as haar broer, prins George. Hulle is Kate se neef en ʼn vriendin van haar en William se niggie en twee van sy vriende.

Klein Charlotte is, soos haar broer, gedoop in ‘n replika van die kant-en-satyn-dooptoga wat in 1841 vir koningin Victoria se oudste dogter gemaak is. Die Lily Font, ʼn versierde silwerdoopvont wat gewoonlik saam met die kroonjuwele in die Tower of London uitgestal word, is vir die doop gebruik. Klein Charlotte is met heilige water uit die Jordaanrivier besprinkel.

Die gaste is ná die seremonie na Sandringham House genooi vir ʼn tradisionele tee waar ʼn laag van William en Kate se troukoek voorgesit is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Dave ·

Sonder om dit te lees wil ek net weet waarom dit enigeen sou interesseer.

Peet Schabort ·

Dave, dit gaan oor die mooi stootwaentjie.
Toe die pa by die winkel uitkom kyk die ma na hom en die waentjie en sê: Nee-wat my man, hierdie is nie ons kind”. Pa antwoord met vinger voor die mond: “Sjuuuuut, ek weet maar hierdie is ‘n baie beter waentjie as ons s’n”.

Eliza-beth ·

Aaag julle ouens gun hul hul mooie kleinding, geluk, trots en vrede, wat. Vir my is dit net so lekker om iets heel anders te sien as al die moord, ontvoerings, verkragtings en wat nie nog op elke liewe bladsy van Maroela. As julle ‘n dag soos ek gehad het sou jul dalk ook so voel!

Peet Schabort ·

En daar is al die foto’s weg !?
Dave, weet jy dalk wat hier gebeur het ?

Sune van Heerden ·

Dagsê Peet en Michiel

Die foto’s het vir ‘n wyle weens ‘n tegniese fout nie op die berig vertoon nie.
Dit is intussen reggestel.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Martin ·

Dit was vir my as gewone mens net so spesiaal to my kin uit die gewone Fond in ons eie kerk geddop is.
Maar dankie Maroela, dit is ‘n mooi storie.

jacques ·

Weet nie hoekom die kleinkie van Engeland so verafgod word nie,Zuma het al seker n 100 kinders en ek weet nie van een van hulle se geboorte nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.