Foto’s: Prinses Eugenie trou

Prinses Eugenie. (Foto: ANA)

Prinses Eugenie. (Foto: ANA)

Prinses Eugenie, kleindogter van koningin Elizabeth, is Vrydag in die eg verbind met Jack Brooksbank.

Die paartjie is getroud in dieselfde koninklike kapel by die Windsor-kasteel waar prins Harry en Meghan Markle, die hertog en hertogin van Sussex, in Mei vanjaar getroud is.

Net soos Harry en Meghan sal Eugenie (28) en Brooksbank (32) ʼn koetsrit buite die kasteel onderneem ná afloop van die seremonie.

Verskeie hoëprofiel-bekendes soos George en Amal Clooney en die sanger, Robbie Williams, sou na verwagting die seremonie by die St. George’s-kapel bywoon.

Williams se dogter Theodora asook prins George en prinses Charlotte, prins William en Kate Middleton se kinders, het onder die strooimeisies en hofknapies gedien tydens die seremonie.

Eugenie se suster, prinses Beatrice (30), was haar hoofstrooimeisie.

Eugenie en Brooksbank is ʼn paartjie sedert hulle by ʼn Switserse ski-oord in Verbier in 2010 ontmoet het. Volgens die koninklike familie het Brooksbank die groot vraag aan Eugenie gevra tydens ʼn vakansie in Nicaragua in Januarie.

Sy is die tweede dogter van prins Andrew en sy eksvrou, Sarah Ferguson, wat steeds die titel van hertogin van York behou.

Prinses Eugenie word deur haar pa, prins Andrew, na die kansel begelei. (Foto: ANA)

Prinses Eugenie word deur haar pa, prins Andrew, na die kansel begelei. (Foto: ANA)

Brooksbank is deur die Britse media as ʼn sosiale vlinder bestempel en is die voormalige bestuurder van ʼn luukse klub, Mahiki. Hy is nou die handelsmerkambassadeur vir Casamigos tequila, wat gestig is deur George Clooney.

Eugenie is agtste in die ry om die troon te bestyg, naas haar oom, prins Charles, sy seuns, William en Harry, en haar suster, Beatrice.

Luidens ʼn verklaring wat deur die koninklike familie uitgereik is, is Eugenie se trourok ontwerp deur Peter Pilotto en Christopher de Vos. Sy het glo nou saam met die ontwerpers gewerk en die lae ruglyn op die rok was ʼn spesifieke versoek van die prinses, wat op die ouderdom van 12 chirurgie ondergaan het om van skoliose te herstel.

Haar ouma, die koningin, het die Greville Emerald Kokoshnik-tiara, wat deur Boucheron in 1919 vir mev. Greville in die gewilde “kokoshnik”-styl van die Russiese imperialistiese hof gemaak is, vir haar geleen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Hanna ·

Pragtig, so moet n prinses se trourok lyk. Senet ek het ook gedink haar rok lyk amper soos Diana sn.

Hannelie ·

Sy het regtig pragtig gelyk. Sal nog meer fotos wil sien.

Sucker for Royal Weddings ·

Ek het die lewendige uitsending op my rekenaar gekyk. Dit was pragtig. Maar ek dink dit word Woensdag op ITV – kanaal 123 in Suid-Afrika uitgesaai om 20h00. Hou maar die DSTV menu’s dop.

Ander Annie ·

Hulle het pragtig gelyk. Haar rok is pragtig. Ek wens hulle ‘n leeftyd se geluk toe.

Ooeeps! ·

Daar was natuurlik ‘n oeps oomblik. Die arme paleis-meisie wat Prins George en Princess Charlotte vergesel het tot by die kerk, se blou rokkie is bo-oor haar boude gewaai deur die wind. Ek dink daai foto is seker klaar op Twitter of U-Tube.

Hannelie ·

Baie dankie @Sucker for Royal Weddings. Ek gaan beslis kyk.

Linda ·

Eugenie het regtig baie mooi gelyk. Ek gehoor dit word eerskomende Dinsdag om 20h00 uur op Dstv kanaal 123 uitgesaai. Gaan defnitief kyk !!! Geluk Prinses Eugenie, jou pa is seker baie trots op jou !!!!

Jerry ·

Pragtig Prinses! Mag jy en Jack baie gelukkig wees. Ek sien de Vos is weer los! Hy het die trourok ontwerp. Die Afrikaners trap darem diep spore orals waar hulle gaan in die wereld!

Seeskulp ·

Baie stylvol gelyk in haar pragtige rok. Dit het so by haar gepas. En sonder veil vir n slag.

wolla ·

Kan amper nie glo sy’s Fergie se dogter nie. Was haar ma daar?

J ·

Een van die mooiste prinsesse nog. Beeldskoon. Lyk sommer gelukkig en nie aangeplakte glimlag nie.

Linda ·

Haar rok was by verre baie mooier as Markle Sparkles s’n. Moet sê sy het regtig pragtig gelyk.

LHS ·

Dit gaan my verstand te bowe dat die engelse belastingbetalers nie lankal begin vasskop het teen al die finansies wat na daardie kamstige koningshuis gaan, wat net in naam bestaan, simbolies bestaan en verder geen amp beklee nie. As meeste van hulle se persoonlike lewens nog navolgenswaardig was kon dit dalk nog gaan maar daardie spul se leefwyse en leefstyl kan deur geen huigroman of sepie geklop word nie. Sorry maar dit is hoe dit is.

Renschia Lambrechts ·

Jy mag dalk so voel oor die koningshuis, maar hul trek ongelooflik baie toeriste na Brittanje. Dit is weer n ekonomiese inspuiting vir die land. Aandenkings met lede van koningshuis verkoop soos soetkoek. Die belastingbetalers het gestem en die koningshuis bly. Hul genereer ten minste geld vir die land. Dis baie beter as Goodwill Sweletini! Dis nie asof hy enige toeriste lok nie.

Gerda ·

Sy het stunning pragtig stylvol gelyk.
Ek nog altyd gewonder hoekom Meagan n sluier oor haar gesig gehad ek meen sy was mos al getroud.

HP ·

Hier in die noorde van Engeland voel mense vere vir die koninklikes. Ek het niemand `n woord hoor rep oor hierdie of Prins Harry se troue nie. Mense hier is hoofsaaklik werkersklas wat meestal net in sokker belangstel.

LHS ·

Dis presies waarvan ek praat, die meeste engelse self voel absoluur niks vir daardie sedelose spul nie maar hier waar ons voorouers in konsentrasiekampe uitgemoor is, op die mees lafhartigste wyses die boere gedwing het om oor te gee gedurende die Anglo oorloë, word hulle steeds opgehemel asof hulle iets fantasties uitmaak. Ek noem geen name nie maar gaan kyk en tel maar in hoeveel buite egtelike verhoudings hierdie mense oor die laaste jare was. Geen verkope aan toeriste kan naastenby die enorme bedrae dek wat maandeliks na die spul moet gaan vir toelae nie.

Abe ·

LHS,
Die doel van die monargie is dat dit britte van uiteenlopende politieke oortuigings en lojaliteite saamsnoer. Dit is hoekom die koningshuis nooit n politieke party ondersteun nie.

Aged parent. ·

Toemaar LHS die engels spreekendes in SA voel presies dieselfde oor die boere.

Anti-Negatief ·

Sjoe, hier is darem ‘n klomp bitterbekke wat hier kommentaar lewer! Enige stukkie vrolike/romantiese/goeie nuus is verfrissend tussen al die neerdrukkende en hartseer nuus van misdaad en moord. Geniet die oomblik en gun die jong verliefdes hul oomblik van glorie en ‘n plekkie in die son! Nie een van julle het vir die troue betaal nie!!

Ja ne ·

Sy kan so aantrek haar voor ouers het mos genoeg diamante en goud uit afrika geplunder . Geen respek vir die spul nie koninglikes moes lankal verwyder word hier by ons ook. Belasting betalers mors en hul verongerief.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.