Foto’s: Ramaphosa ‘bekommerd’ ná 44 in lugaanval sterf

Die verwoesting by ʼn aanhoudingsentrum in Tajoura, oos van Tripoli in Libië nadat dit deur ‘n lugaanval getref is op 3 Julie 2019. (Foto: AP Photo/Hazem Ahmed)

Pres. Cyril Ramaphosa het sy innige meegevoel aan die regering en mense van Libië uitgespreek nadat minstens 44 mense dood is in ʼn lugaanval op ʼn aanhoudingsentrum vir migrante, naby die Libiese hoofstad, Tripoli.

Die lugaanval het vroeg Woensdagoggend gebeur toe genl. Khalifa Hifter, aanvoerder van die Libiese Nasionale Leër, se magte glo die nabygeleë militêre terrein geteiken het, maar eerder die aanhoudingsentrum, met meer as 150 migrante, getref het.

Hifter is sedert April in ʼn stryd teen mededingermagte in die oorloggeteisterde Libiese hoofstad. Die Verenigde Nasies (VN) het gesê dat die voorlopige dodetal van die aanval op 44 staan terwyl 130 mense beseer is.

Twee oorlewende migrante, wat met The Associated Press gepraat het, sê egter dat drie of vier migrante ontsnap het, 20 is gewond en die res is dood.

Ramaphosa het intussen in ʼn verklaring gesê die Suid-Afrikaanse volk se gebede en gedagtes is by die families wat hul geliefdes in die aanval verloor het. Die president het sy kommer oor die stand van sake in Libië uitgespreek. “Suid-Afrika is bekommerd oor die ernstige veiligheid- en humanitêre situasie in Tripoli wat deur die voortgesette konflik veroorsaak word,” het hy gesê. Volgens hom moet die onderskeie partye die spanning neutraliseer om sodoende verwoesting, lewensverlies en die voortgesette lyding van beide burgerlikes en migrante te voorkom.

Die verwoesting by ʼn aanhoudingsentrum in Tajoura, oos van Tripoli in Libië nadat dit deur ‘n lugaanval getref is op 3 Julie 2019. (Foto: AP Photo/Hazem Ahmed)

Ramaphosa het ook beklemtoon dat die internasionale gemeenskap bymekaar moet staan om die strydende partye in Libië te versoek om alle militêre operasies te stop, burgers te beskerm en weer in dialoog te tree met die VN.

“Daar kan slegs deur ʼn onderhandelde ooreenkoms volhoubare vrede in Libië wees,” sê hy.

Ná die dood van die diktator Moeammar Ghaddafi in 2011, het Libië se sentrale owerheid in duie gestort en gewapende militêre groepe het aansienlik toegeneem. Dié land het ook ʼn groot oorgangsgebied geword vir migrante wat na Europa wil vlug.

Minstens 6 000 migrante uit Eritrea, Ethiopië, Somalië, Soedan en ander nasies word in Libië aangehou in aanhoudingsfasiliteite wat deur militêre groepe beheer word. Dikwels huisves dié fasiliteite migrante wat van mishandelaars ontsnap het wat hulle vir lospryse aangehou het. Weens die beperkte kos en ander voorrade sowel as die ligging van hierdie fasiliteite is dié migrante in gevaar, aldus die VN-vlugtelinge-agentskap.

Die verwoesting by ʼn aanhoudingsentrum in Tajoura, oos van Tripoli in Libië nadat dit deur ‘n lugaanval getref is op 3 Julie 2019. (Foto: AP Photo/Hazem Ahmed)

“Hierdie voorval beklemtoon die dringendheid om alle vlugtelinge en migrante veilig te beskerm totdat hulle toelatingseise verwerk word of hulle veilig terugbesorg kan word,” sê Stephane Dujarric, woordvoerder van die VN.

“Afrika-migrante wat in Libië aangehou word, is onskuldige slagoffers wat in aanhoudingsentrums vasgevang is,” het Ramaphosa bygevoeg. “Hulle moet dus die verantwoordelikheid van die Libiese mense word en ook beskerm word.”

Hy betreur dat die lugaanval op die vooraand van die Afrika-Unie-beraad, in Niger, plaasgevind het. Hy meen dit moet as aansporing dien vir Afrika-leiers om Libiërs te help om hul uitdagings op te los.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

JKoes ·

Meer bekommerd oor dié as oor die blanke boere wat wreed uitgewis word in jou eie land.

Honourable member ·

Rerig. Boere word daagliks uitgemoor maar geen meegevoel deur hom nie.

Dries du Toit ·

Ons moet besef dat Ramaphosa die Afrikaner se grootste vyand is. Hy kondoneer die plaasaanvalle

Anoniem ·

Nee wat Hy voel ‘n veer, watse gesindheid het Jy teenoor Suid-Afrikaners wat sterf Mnr Die President – vir wie in die Buiteland wil Jy beïndruk ! Ons is so teleurgesteld !

Fanie ·

Ramaposa is bekomerd oor mense van n ander land dood is asgevolg van n lug aanvalaar dit bekommer hom glad nie dat blanke boere op hulle plaase vermoor word nie

EB ·

Dis so tipies van hom. Hierdie land vergaan in ellende, maar hy is bekommerd oor wat in ander lande aangaan, en dinge is waaraan hy niks kan doen. Goeie opsomming van sy karakter!

Netso ·

En so “Vee” ons verkose President van SA eers voor ñ ander deur! Daar is meer wit boere net die jaar al in ” jou “land wat jy regeer vermoor en vermink en jy’s met stomheid geslaan ? Nee Regtig ek skaam my!

Nic ·

Regtig? Hier word 56 mense elke dag van die jaar vermoor en dit skeel jou min.

Askies ·

Ek is bekommerd nadat duisende boere vermoor is en honderde mense in bendegeweld sterf en tientalle mense in hulle huise in SA wreed vermink en vermoor word … REGTIG Ramaphosa .. is ons belastingbetalers nie jou EERSTE prioriteit nie??

Anoniem ·

Meer bekommerd oor ander lande se mense wat van die mense in Suid Afrika wat op n daagliks uitgemoor word wakker word prezzie.

James ·

Wat van die plaas moorde…. sal dink hy bly stil want hy keur dit goed……

Elvira ·

Ja dit is hartseer maar wees eerder bekommerd oor die welstand van jou eie land en sy mense.

Anoniem ·

Shame hoekon nie bekommerd oor jou eie land waar daagliks hoeveel moorde gepleeg word praat nie eers van plaas moorde nie.

marous ·

Eierjie le terwyl die hoenderhoek by die huis verwoes is .

Johan ·

Ramaphosa is diep bekommerd as mense doodgemaak word. Maar die dood van hoevele boere ignoreer hy. Sou hy dit miskien goedkeur? “Rama die Swyger” wys indirek sy ware kleure….

AA ·

Hy gee nie om hoeveel onskuldige boere en hul gesinne sterf nie nog minder oor die geweld in sy land, hy praat om dit of praat dit dood want hy verlekker hom daarin !!!

BlinkStephaans ·

My jitte oom cyril… maar jy né. Baie geluk… dink jy enige iemand knip ñ oog oor jou veroordeling. Jou eie land word op ñ daaglikse basis deur moord en misdaad gevange gehou, maar daaroor kry jy nie ñ woord uit nie. Gaan drink jou tee… dit raak koud. Nie veel van ñ president as jy my vra.

Yolanda ·

Bekommerd wat n grap sy land is aan die brand, mense, kinders, boere word daagliks vermoor, en hy is bekommerd oor ander lande .. het nie woorde nie

khat ·

meneer die president dis bog dat jy worry oor ander lande maar in jou eie land brand dit en gaan meer mense dood asgevoilg van mense in posisies wat onkundig is en wat doen jy aan plaas moorde bekomerd jou eerder oor die mense in jou land en hou op simpatie soek by teroruste hulle beteken niks vir ons land nie daai mense da in seriee is beter af as ons blankes in ons eie land en se ons eie land eks hier gebore en jy moet maar n brugbou en oor hom kom ek gaan nerens eks voor jou hier so kom by

Sakkie ·

Ag asseblief. Bly liewer stil Mnr. die president. Niemand glo jou meer nie.

o ·

En dis die einste pres wat ons in sy eerste toespraak in Afrikaans gegroet het. Maak my naar

Spike ·

libië, anc, comrades en kaders is voëls van eenderse vere. cyril is ñ lamsak.

smurfie ·

Ja dis hartseer, enige dood is. MAAR, dis nie asof daar Suid Afrikaners dood is in daai aanval nie. Hy worry meer oor ander lande se mense as sy eie. Hier by ons word daagliks babbas dood weg gegooi, boere vermoor, en dit sluit onskuldige mense in wat gekaap word en vermoor word vir R15.
Hoe maak hy die som?????

humor ·

Krokediltrane, sy hart is gewis afwesig. Gee nogal wyse raad hoe om die konfliksituasie te onlont, maar in sy eie land weier hy om in gesprek met boere en burgerlikeorganisasies in gesprek te tree en verwys hul na sy man met die hoed,

Cobus ·

Pleks het hy innige meegevoel vir die duisende in SA wat vermoor,verkrag en geskend word…hy sal niks uit Libie kry nie…..pleks van oop oe deur SA gaan en die skille afhaal…hy is dalk versiende…..

Jannie van Niekerk ·

Ja en indien ek as Suid Afrikaner sal sê ek voel ‘n veer vir Libië se menseverlies en bekommer my eerder oor Suid Afrikaanse Plaasboere wat uitgemoor word, gaan hulle my aankla vir haatspraak

Adri ·

Hierdie einste President van ons gaan maak dat ons gaan begin terugverlang na Zuma. Wat het hy al gedoen behalwe om berade by te woon en beleggings te bedel. Sy slagtande is kort geknip en hy sê net mooi niks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.