[Foto’s] Reunion-wrak: Vlerkwrakstuk is dié van Boeing 777

Die wrakstukke wat gevind is. Foto: Reunion 1ere via AP

Die wrakstukke wat gevind is. Foto: Reunion 1ere via AP

ʼn Vlerkwrakstuk wat op die Reunion-eiland in die Indiese Oseaan uitgespoel het, is as dié van ʼn Boeing 777 geïdentifiseer.

Volgens ʼn Amerikaanse beampte het lugvaartveiligheidsondersoekers die wrakstuk geïdentifiseer. Vlug MH370, wat op 8 Maart 2014 met 239 mense aan boord verdwyn het, is sover bekend die enigste Boeing 777 wat vermis word.

“Dit is die eerste regte bewyse dat daar ʼn moontlikheid is dat ʼn gedeelte van die vliegtuig gevind is,” het Warren Truss, Australië se minister van vervoer, gesê. Die vlerkwrakstuk wat gevind is, is sowat 2 m lank. Daar is ʼn nommer op die stuk gevind, maar dit is nie ʼn reeks- of registrasienommer nie. Dit kan wel ʼn instandhoudingsnommer wees wat ondersoekbeamptes kan help om uit te vind aan watter vliegtuig dit behoort.

Daar word vermoed dat vlug MH370 in die Indiese Oseaan naby Australië in die see gestort het. Die vliegtuig was van Kuala Lumpur na Beijing onderweg toe dit van radar verdwyn het.

Klik hier vir alle vorige berigte oor vlug MH370 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.