[Foto’s] Reuse-brand woed in Londen; lewensverlies aangemeld

ʼn Brand woed by ʼn 24-verdieping-woonstelblok in Londen (14 Junie 2017). Foto: AP Photo/Matt Dunham

ʼn Onbekende aantal mense is dood toe ʼn 24-verdieping gebou in die weste van Londen Woensdag in die vroeë oggendure deur vlamme verswelg is.

Dany Cotton, Londen se brandweerkommissaris, het Woensdagoggend gesê dit is nog nie bekend hoeveel mense in die brand gesterf het nie, maar minstens 30 mense is na hospitale gehaas. Vlamme het ure nadat die brand begin het nog steeds by die vensters van die Grenfell Tower-woonstelgebou in Noord-Kensington uitgelek terwyl brandbestryders teen die brand geveg het. Dik rookwolke kon kilometers ver gesien word.

Dit was nie onmiddellik duidelik wat die brand veroorsaak het nie. Inwoners het gesê dit het omstreeks 01:00 vermoedelik by ʼn woonstel op ʼn laer vloer begin en vinnig na bo versprei. Mense op die toneel het gesê hulle kon nie hul vriende en familie in die gebou bereik nie. Ander het vertel hulle kon sien hoe mense op die hoër verdiepings van die gebou selfone en flitse gebruik om hulp te ontbied.

ʼn Brand woed by ʼn 24-verdieping-woonstelblok in Londen (14 Junie 2017). Foto: AP Photo/Matt Dunham

Cotton het gesê sy het nog nooit só brand in haar 29 jaar as brandbestryder gesien nie. Sy het gesê daar is “ʼn aantal” sterftes.

Ambulanse en brandweerwaens het die strate rondom die gebou volgestaan. Omliggende geboue is ontruim en sommige mense het met hul troeteldiere in hul arms hul wonings verlaat. Vrywilligers het bottels water uitgedeel terwyl helikopters bokant die toneel gehang het. Die Londense brandweerdienste het gesê 45 brandweerwaens en 200 brandbestryders is na die toneel gestuur.

Nassima Boutrig wat in ʼn gebou oorkant die brandende gebou woon, het gesê sy het wakker geskrik van dik rook in haar blyplek en die geluid van sirenes buite. “Ons kon die mense hoor skree. Baie het geskree ‘Help, help, help’,” het sy vertel. “Die brandbestryders kon net mense op laer vloere te hulp kom hoewel die vlamme tot bo versprei het. Hulle kon nie die brand keer nie.”

Boutrig het gesê haar vriend se broer, sy vrou en kinders woon in die gebou en haar vriend wag steeds om uit te vind of hulle veilig is.

Tydelike sentrums is in kerke en gemeenskapsale ingerig en mense wat uit die gebou verwyder is, is daarheen geneem. Hadra Hassad het by een van dié sentrums gesê sy is op soek na haar vriende wat op die 21ste vloer van die gebou woon.

Tim Downie wat ook naby die toneel woon, het aan die Britse persvereniging gesê daar is vrese dat die gebou kan ineenstort. “Dit is die vreesaanjaendste ding wat ek nóg gesien het. Ek hoop hulle kon almal uitkry,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

jaco ·

45 brandweerwaens en 200 brandbestryders. In SA is dit n geluk as 1 bandweerwa en 5 brandbestryders na n uur opdaag en dan meestal om maar net op te ruim. Ek smag daarna om in ‘n land te bly waar belastinggeld NET vir goeie dienste gebruik word en nie om politici te verryk nie.

Nuil Skaam ·

Welkom in Englandistan…
Oor n paar jaar gaan Londen soos Baghdad lyk.
En die Londenaars met hul Mohammedaanse burgemeester gaan wonder hoekom

Profeet ·

Dit begin mos vir my al hoe meer lyk of ons wêreld tog besig is om met vuur en swael te vergaan.

Nettie ·

@Profeet, ek het onmiddellik dieselfde gedink: dit is die laaste dae soos in Openbaring voorspel word. Sjoe, nou is ek EERS jammer dat ek nie so ‘n honderd jaar gelede geleef het nie.

Koos1 ·

Sonder om onsensitief te wees, maar waar is die gebou se eie brandbestrydings meganismes (sprinklers, alams??
Britanje is mos ‘n eerste wêreld land wat mos so graag vir ander wil voorsê,

Johan. H. ·

Stem!!! Hulle is mos heelvoor met alles,,Hoop nie julle het nou ook n lot wat nie tevrede is met iets, en alles brand nie!! Hier by ons is daar daaglikse brande

t ·

Iets ruik na rot. Die gebou was onlangs nuut oorgedoen so al die stelsels behoort te gewerk het. Die meeste inwoners is Moslems. Dit vat nie veel verbeelding om te kan dink hierdie was ‘n wraak aanval van die Engelse nie. Die CCTV kameras behoort alles in die volgende paar uur op te klaar.

Nettie ·

@t – as dit so sou wees, dink ek dit is nie veel skade nie. Hoeveel Britte het net in 2017 nie al aan die hand van Moslem ekstremiste gesterf nie?

Irene ·

Wat de hel Nettie!! Daar was kinders in daai gebou! Skaam jou! MY God is nie so wraaklustig nie!

Pendoring ·

Dalk maar ‘n geval soos wat in die ou testament staan: ‘n Oog vir ‘n oog. Die ekstremiste het nie juis omgegee oor die kinders wat hulle vermoor het nie. Maar kom ons wag en kyk wat vind die ondersoekspan. Dis dalk net ‘n kers wat omgeval het…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.