Foto’s: Rotte red duisende lewens in Afrika

Foto: Nicholas Kristof/The New York Times

Foto: Nicholas Kristof/The New York Times

Rotte is verfoeilike knaagdiere en die draers van siektes en peste, maar hulle word in Afrika aangewend om jaarliks duisende mense van landmynbeserings en die dood te red.

Rotte, met hul hoë intelligensie en goeie reuksin, is ideaal geskik vir die uitruik van landmyne. Hulle is ook klein genoeg om nie die myne te laat afgaan nie, maar groot genoeg om maklik deur hul hanteerders raakgesien en gevolg te word.

Die Gambiese buidelrotte – hulle is amper ‘n meter lank en sal enige kat die horries gee – word in ‘n opgeleide groep van 39 gebruik.

Hulle kan ‘n gebied van 200 m2 binne 20 minute uitruik – iets waarvoor mense met verklikkers vyf dae nodig het. Sedert 2000 is meer as 9 000 versteekte landmyne en bomme reg oor Angola, Tanzanië en Mosambiek onskadelik gestel. Rotte het ook duisende kleingewere en ammunisie wat ondergronds begrawe was, aan hul hanteerders uitgewys.

Dié opgeleide rotte leef ses tot agt jaar, maar word op “pensioen” geplaas wanneer hulle ses jaar oud word. Hulle leef die res van hul lewens as helde en word met liefde deur hul meesters met avokado’s, appels en piesangs gevoer.

Lees meer: NY Times, The Guardian
Kyk gerus ook na die video onderaan die foto’s.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peet Schabort ·

Die rot op die foto lyk erg bekommerd.
Weet die DBV van hierdie werk ? Hoop die rotte kry “danger pay”.

Tonginniekies ·

Gee kans, êrens gaan een of ander “tree hugger” groep ‘n probleem hê met die onnodige in gevaar stelling van die arme onskuldige diertjies. Dink net watse trauma behandeling die rotte moet kry omdat hulle voorgestoot was in ‘n bekende landmyn gebied. Hulle lewens op die spel geplaas vir die mens se gerief….. Shame!

Eliza-beth ·

Tonginnikies – niks met “tree-hugging” te doene. Daar is ‘n baie fyn balans in die natuur en die mens is altyd die een wat alles opneuk met hul doen en late. Hier is ook ‘n voorbeeld – as die mens nie altyd aggressief is en oorlog wil maak en vieslike goed soos landmyne uitgedink en sonder om te dink wat agterna kan gebeur oral gestel het nie, was dit nie nodig om die diere te gebruik nie. Ek hou ook nie van rotte en is nie mal oor slange (is bang vir slange, tog is hul op hul manier vir my mooi en nodige diere) maar elkeen het ‘n plek in die natuur en daarom verdra ek hulle. Die uitwis van een spesie veroorsaak chaos vir ‘n ander. a slange uitgewis word het goed soos meerkatte en roofvoëls minder kos. Roei rotte uit en slange het nie kos ens – dit werk alles met een wonderlike PLAN. Ek wens mense wil tog net meer lees en belangstel en bewus raak van hoe dinge werk, dan sal hul meer verstaan oor die natuur en hoe “interlinked” ALLES in die natuur is; dan sal hul dalk minder sarkasties wees oor mense wat omgee en verstaan hoe die dinge werk en hoekom daar ‘n plek vir elke ding op aarde is.

EMK ·

Tonginniekies, om Langenhoven aan te haal: “Moenie eers skryf en dan dink nie. Dink liewer eers en skryf dan nie.”

Yvonne ·

Ek dink dis ‘n wonderlike plan, en lyk rot se kind nie te oulik nie.
Lyk of hulle goed versorg word en hulle doen ‘n goeie ding. Hoeveel mense lewens spaar hulle net nie, dink eerder ons kan al rot se kinders oplei om ook diens in die gemeenskap te doen as wat hulle uitgeroei word

Michiel ·

Yvonne, eintlik is daar klaar hopeloos te veel mense op die planeet… veral party ne!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.