Foto’s: SA regering onttrek ambassadeur ná Gasa-geweld

Palestynse betogers bestook Israeliese magte met klippe tydens ʼn betoging in die Gasa-strook op die grens met Israel (14 Mei 2018). Foto: Khalil Hamra/AP

Die Suid-Afrikaanse regering het Maandag sy ambassadeur in Israel met onmiddellike inwerkingtreding onttrek tydens ʼn dag van gevegte tussen die Israeliese magte en Palestyne wat tot die dood van minstens 58 mense in die Gasa-strook gelei het.

Die geweld het uitgebreek op die dag wat die VSA sy ambassade van Tel Aviv na Jerusalem geskuif het wat Palestynse aanvalle tot gevolg gehad het.

Die geweld is bestempel as ʼn vlak van bloedvergieting wat nog nie voorgekom het sedert die gewelddadigste tye van Israel se 2014-oorlog in die gebied nie. Tienduisende Palestyne het Maandagoggend op die rand van die afgesperde gebiede in die Gasa-strook saamgedrom. Baie het vreedsaam betoog, vlae gedra en selfs met hul kinders opgedaag.

Daar was egter betogers wat ʼn gewelddadige benadering gevolg het en met messe en draadknippers opgedaag het. Op ʼn punt oos van Gasastad het organiseerders oor luidsprekers betogers aangemoedig om deur die heining te breek en aan hulle gesê die Israeliese soldate vlug van hul posisies.

Israeliese skerpskutters was egter vasbeslote om nie Palestyne toe te laat om deur die heining te breek nie en kort daarna kon die sirenes van ambulanse gehoor word terwyl die skote geklap het. Geen Israeliese soldate is egter beseer nie en Israel is wyd veroordeel vir sy gebruik van oormatige geweld om die situasie te beheer.

Volgens die Palestynse departement van gesondheid in Gasa is meer as 2 700 mense beseer, onder wie 1 359 wat gewond is. Van die minstens 58 mense wat gesterf het, is ses kinders, asook ʼn paramedikus.

ʼn Seun hou ʼn Palestynse vlak omhoog tussen die swart rook van brandende bande tydens ʼn betoging in die Gasa-strook op die grens met Israel (14 Mei 2018). Foto: Khalil Hamra/AP

Die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het in ʼn verklaring gesê gegewe die erns van die Israeliese aanval is die besluit geneem om Sisa Ngombane, Suid-Afrika se ambassadeur in die gebied, met onmiddellike inwerkingtreding te onttrek. Die regering het die geweld ten sterkste veroordeel en aangevoer die slagoffers het bloot aan ʼn vreedsame optog deelgeneem weens die “uitlokkende inhuldiging” van die Amerikaanse ambassade in Jerusalem.

Dirco het weereens sy siening herhaal dat die Israeliese verdedigingsmagte hulle uit die Gasa-strook moet onttrek “om ʼn einde te bring aan die gewelddadige en vernietigende invalle in Palestynse gebiede”. Die Suid-Afrikaanse regering meen enige verdere geweld in die Gasa-strook sal verhoed dat Palestynse instansies en infrastruktuur herbou word.

“Hierdie roetine-optrede van die Israeliese gewapende magte verteenwoordig net nog ʼn hindernis tot ʼn permanente oplossing van die konflik in die vorm van twee state, Palestina en Israel, wat sy aan sy en in vrede bestaan,” het Dirco gesê.

Die Verenigde Nasies het ook die geweld veroordeel en gesê diegene wat verantwoordelik was vir die “verregaande oortreding van menseregte moet aanspreeklik gehou word”. Human Rights Watch het die voorval as “ʼn bloedbad” beskryf, terwyl Mahmoud Abbas, president van die Palestynse owerhede, die voortgesette “slagting” van die Palestynse mense veroordeel het.

Turkye het in Suid-Afrika se spoor gevolg deur ook aan te kondig dat hulle hul ambassadeur aan Israel onttrek.

Palestynse betogers tydens ʼn betoging in die Gasa-strook op die grens met Israel (14 Mei 2018). Foto: Khalil Hamra/AP

Die Trump-administrasie het egter die skuld vir die lewensverliese op die militantegroep Hamas gepak. Raj Shah, die Withuis se adjunk-perssekretaris, het aan verslaggewers gesê die sterftes kan vierkant voor Hamas se deur gelê word. “Israel het die reg om homself te verdedig,” het Shah gesê.

Ismail Haniya, Hamas se leier, is Sondagaand na Kaïro ontbied in ʼn oënskynlike poging om die militantegroep te oortuig om die betogings stop te sit. Hamas se woordvoerder, Taher al-Nounou, het op die toneel van die betogings gesê daar is egter geen ooreenkoms bereik nie. “Hulle verstaan ons sienings. Ons mense betoon vandag hul solidariteit met Jerusalem en hul woede teenoor die Amerikaanse administrasie.”

Volgens Hamas se interne departement is sewe van sy lede ook doodgeskiet, onder wie twee interne veiligheidspersoneel en ʼn militêre intelligensiebeampte. Minstens 12 joernaliste is ook beseer.

Khalil al-Hayaa, ʼn senior Hamas-beampte, het Maandagaand tydens ʼn nuuskonferensie gesê die betogings sal voortgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Eish ·

Die onttrekking van die ambassadeur sal verseker geen aardskuddende gevolge vir Israel inhou nie.
Hierdie voorval is nou tiperend van die totale onversoenbaarheid deur integrasie. Godsdiens, waardes en ideologie bly drywers van bloedige konflik. Israel het heeltemal korrek opgetree aangesien die Filistyne soos altyd die situasie wou uitbuit tot eie voordeel.
Ek staan by die Trump administrasie se verklaring.

marous ·

Glo die Israelis is verheug daaroor. Die kantore en ampswoning kan nou uiteindelik produktief aangewend word….

bgj van der westhuizen ·

hulle het begin om vreed saam te betoog en toe doen hulle presies wat hier in suid afrika ook gebeur met elke betoging begin met geweld het hulle regtig gedink die soldate sal net stil staan en kykdat hulle maak wat hulle wil en wat dink suid afrika of Israel gepla is oor suid afrika se besluit suid afrika is besig om te krap aan ander lande waar hy nie moet nie

Magaretha van heerden ·

Ek is beindruk met die USA en Trump met die verskuiwing van hul ambasade na Jerusalem.
Die palestyne het geen reg om so op te tree nie. Trump sal hom in elk geval nie aan hul proteste steur nie. Ek staan verseker by Trump in die saak.

GM ·

Ek is te oningelig om te kan kant kies, maar my logika sê vir my dat, as daar geweldadige betogers is en daar word die hele tyd probeer om dinge vreedsaam op te los, gaan dit lyk soos dit hier in Suid-Afrika lyk. Betogers kan petrolbomme gooi, maar word nie gearresteer nie. Hul kan geboue afbrand, mense vermoor, baba’s verkrag, en hul kom net weg. As almal maar net in vrede kon leef…

Janee ·

Hy het seker ook getoi toi en toe klap die skote en toe hardloop hy terug Shachafrika toe…

Anna ·

‘Vreedame optog’??? Wat??? Kyk na die fotos. Dit was duidelik nie ‘n vreedsame optog nie.

t ·

Vreedsame betogings? Het die bande hulself aan die brand gesteek?
Daar is niemand so blind soos hy/sy wat nie WIL sien nie…

hoe sê ·

Liewe maat dis eenvoudig daars ‘n draad respekteer hom aan jou kant van die draad gooi klip brand tyres tot jy lekker kry as jy aan die kant van die draad kom is jy dood dis net in palistina en sa wat hierdie vreedsame betoging genoem word

Antimens ·

Hoekom ondersteun so baie skrywers hier so maklik Israel se kant van die saak? Is daar geen genade vir die Palistyne

Cherokee ·

Dit sal help om in Bybelkunde, die geskiedenis en aardrykskunde te delf om ‘n antwoord op jou vraag te soek.

PEET VAN BREDA ·

GEWELDLOOS ? Net so geweldloos soos plaas moorde, grondbesettings, stakings en optogte in Suid Afrika ?????

Doffie ·

Is ek nou dom of iets? Wat het die skuif van die ambassade in Israel te doen gehad met die Palestyne? Dis ander lande wat ‘n besluit gemaak het. Moes die Jode en Amerikaners nou eers vir die Palestyne toestemming vra of wat? Ek mis iets hier. Verduidelik ‘seblief.

Oom Kalahari ·

Net in Suid-Afrika sal sulke geweldadige optredes as vreedsame optogte uitgemaak word. Waarom dan die Ambassadeur onttrek? Benjamin Netanyahu is min geskeel oor SA en sy optredes. Israel is ‘n Soewereine staat wat nie gesteur wil wees en in vrede leef. Palestina kan/wil dit nie aanvaar en tree aanhoudend uitdagend op. Donald Trump het die beste in jare opgetree as ‘n volwaardige President om Jerusalem as erkenning van Israel deur te gee en VSA Ambassade daarheen te verskuif. Die mense van mars kan dit net nie aanvaar nie. Ai-tog kan ons Suid Afrikaanse blankes nie maar ook “n stukkie Gaza strook hier in SA bekom waar ons gedump word vir eie oorlewing nie?

Daan ·

Party mense het nie ‘n idee wat’ n vreedsame betoging is, die dat hulle self so ‘n groot gemors van betogings maak. SICK!!!

Rupert Ashford ·

Vreedsaam? My voet. En dit is Hamas en die Palestyne wat elke keer die aanbod van ‘n tweestaatoplossing weier. Hulle wil alles he en Israel vernietig. Mens onderhandel nie met sulke groepe nie. Ten minste het Israel uit die Afrikaners se foute geleer.

Gerda ·

Die hele wêreld is op hol oor 58 mense wat doodgeskiet is. In 2017 was SA se moordsyfer ‘n gemiddeld van 52 mense per dag, en die wêreld kyk weg. Ek sê maar net…

Valerie ·

Israel behoort oor die maan te spring dat die ambassadeur terugkom na SA toe. Ja, wel, as jou land bedreig en jou mense se veiligheid bedreig word dan moet daar opgetreë word. Israel was 100% korrek. Die Palestyne was nog altyd rugstekende aandagsoekers wat die weerloses gebruik vir hul skewe propaganda.

PJC ·

Antimens die rede hoekom daar geen genade vir die Palestyne is nie is omdat hulle soos die res van die moslemwêreld die totale uitwissing van Israel nastreef. Dit is vir hierdie doel wat Iran so graag wil kernwapens vervaardig. Soos gewoonlik skaar die ANC hom al weer aan die verkeerde kant en kla dan agterna as daar negatiewe gevolge is.

Koos de Meyer. ·

Sisulu moet eers voor haar eie deur vee. Omdat hulle hier alles af brand lyk dit seker maar vir haar ook daar soos vreedsame betogings. Hoe eenvoudig kan hulle wees.

John ·

Die waarheid rondom die syfers van dooies en beseerdes is moeilik bepaalbaar en die Palestyne weet goed dat die opblaas van getalle net tot hul voordeel is. Dit is duidelik dat die Palestyne met alle mag en krag en ketties die Jode takel en hoop die wereld sal ingryp en die Jode in strafkampe sit en die land vir hulle gee. Hoekom is van ons Moslems so emosioneel betrokke by die saak as hulself SA-burgers is of is baie van hulle van elders?

Cherokee ·

Vreedsaam kan dalk vreet saam te weeg bring maar Israel het opgestaan vanuit wêreldwye onderdrukking en gaan ‘n onafhanklike nasie met hul eie land bly. Dit is slegs die Gipsy-volk en die Suid Afrikaners wat nie ‘n land het nie. Dit is waarom ek lankal sê ons het Gipsies …sigeuners geword.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.