Foto’s: Seldsame maansverduistering lok sterrekykers

Die superbloedmaan in Kalifornië. (Foto: Patrick Fallon/AFP)

Sterrekykers van Australië tot in Sentraal-Amerika het Woensdag hul oë op die hemele gevestig toe ʼn superbloedmaan oor die Stille Oseaan te siene was.

Dié seldsame verskynsel is die eerste algehele maansverduistering in twee jaar.

Volgens sterrekundiges is die maan oranje-rooi weens sonlig wat van die aarde se rand breek en op die maanoppervlak weerkaats.

Anders as ʼn sonsverduistering is dit veilig om hierdie verskynsel met die blote oog te aanskou.

“Die belangstelling om die superbloedmaan te sien was onverwags,” het Andrew Jacobs van die Sydney Observatory gesê. Die sterrewag het ʼn Covid-vriendelike geleentheid aangebied om die verskynsel met teleskope te aanskou. Die geleentheid was ook regstreeks uitgesaai vir meer as 20 000 kykers wêreldwyd.

Die Australiese lugdiens, Qantas, het ook ʼn eenmalige supermaan-vlug onderneem. Dié vlug het oos vanaf Sydney oor die Stille Oseaan gevlieg waar passasiers ʼn eerstehandse uitsig oor die hemelruim en dié seldsame maan gehad het.

Volgens Jacobs het mense in Australië, Nieu-Seeland, Nieu-Guinea en groot dele van die Stille Oseaan die beste uitsig van die superbloedmaan.

“Die Amerikas sal na verwagting dit ook vroegoggend kan sien, maar hulle sal nie noodwendig al die dele van die verduistering sien nie. Europa, Afrika en die Midde-Ooste mis egter hierdie spesifieke verduistering heeltemal.”

Die volgende superbloedmaan sal na verwagting eers weer in 2033 plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eiervrug ·

En hulle is bevoorreg venoeg om buite te sit in die donker om dit te aanskou. Hier by ons moet mens maar deur die diefwering loer vir ingeval iemand jou wil gryp…

Cindy ·

lekker lag ek nou, al is dit nie regtig snaaks nie, ek het BAIE foto’s wat so deur die tralies geneem word HAHA

Marisa W ·

Ja dis vreeslik dat die skelms vrylik buite kan rondloop en ons wat die wette gehoorsaam is toegesluit…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.