[Foto’s] Siamese tweeling geskei

Jadon en Anias

Jadon en Anias

ʼn Siamese tweeling is tydens ʼn operasie, wat langer as 20 uur geduur het, suksesvol van mekaar geskei, hoewel een van die seuntjies steeds in die teater is.

Die seuntjies is 13 maande oud en was aan die kop verbind. Hulle is Vrydag suksesvol in die Montefiore Medical Center in New York van mekaar geskei. Die operasie het reeds Donderdag begin en het langer as 20 uur geduur.

Jadon na die operasie.

Jadon na die operasie.

Jadon Macdonald was eerste klaar en is na die pediatriese intensiewe sorgeenheid geneem waar sy ouers, Nicole en Christian Macdonald, gewag het. Jadon se boetie, Anias, se wond moes egter weer oopgemaak word en hy is steeds in die teater.

Nicole het op 17 weke gehoor haar tweeling is aan die kop verbind en sy sê verskeie dokters het haar aangeraai om ʼn aborsie te kry. Sy het op 32 weke geboorte geskenk aan die tweeling.

Toetse is gedoen wat bevestig het die tweeling deel ʼn klein gedeelte van hul breinweefsel, ʼn membraan rondom die brein, die middelste gedeelte en die groot aar bo-op op die brein. Nicole en haar man het egter besluit om die operasie te laat doen ondanks die risiko dat een van hul seuntjies, of albei, kan sterf of erge breinskade opdoen.

Die egpaar het nog ʼn seuntjie genaamd Aza.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

wonderwêrk ·

wonderwêrke, dank ons Vader dat hy hulle so mooi kon help

Rika van Loggerenberg ·

Wonderlike wat die wetenskap kan doen. Sal graag wil sien hoe traditionele medisyne dit doen, gegewe die nuutste #sciencemustfall euwel!

Marianne ·

Here U seen word gevra op hierdie engeltjies se lewentjies. U het hulle ouers met hulle geseen. Laat hulle sorg vry groot en sterk word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.