Foto’s: Sinkgat sluk motors in by hospitaal in Italië

(Foto: CIRO FUSCO / ANSA / AFP / Italy OUT)

Pasiënte moes Vrydag inderhaas uit ʼn hospitaal in Napels in die suide van Italië verwyder word nadat ʼn groot gedeelte van die parkeerterrein ineengestort het en die hospitaal se water en elektrisiteit afgesny is.

Niemand is in die voorval beseer nie hoewel die sinkgat van sowat 500 vierkante meter verskeie motors ingesluk het.

Vincenzo de Luca, hoof van die Kampanië-streek wat Napels insluit, het die sinkgat aan ʼn “hidro-geologiese probleem” toegeskryf.

(Foto: CIRO FUSCO / ANSA / AFP / Italy OUT)

Die hospitaal in Napels het verlede jaar talle koronaviruspasiënte tydens Italië se eerste golf van Covid-19-infeksies behandel. Teen Vrydag was daar egter slegs ses Covid-19-pasiënte wat in dié hospitaal behandel word.

Die betrokke saal waar die Covid-19-pasiënte behandel word, is tydelik gesluit weens ʼn gebrek aan warm water en elektrisiteit as gevolg van die sinkgat.

(Foto: CIRO FUSCO / ANSA / AFP / Italy OUT)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.