Foto’s: Skaars vis spoel op strand uit

Dié pikswart Atlantiese sokkervis het onlangs op ’n strand in Kalifornië uitgespoel. (Foto: Facebook / Crystal Cove Park, Ben Estes)

’n Atlantiese sokkervis wat in die uiterste dieptes van die oseaan gevind word, het verlede week op ’n strand in Kalifornië in die VSA uitgespoel.

Die Crystal Cove State Park in Orange County het foto’s van dié eienaardige vis op hulle Facebook-blad gedeel en sê dat dit aan die hengelvisfamilie, waarvan daar meer as 200 spesies is, behoort.

“Dit blyk ’n wyfie te wees vanweë die lang steel op die kop met gloeiende punte wat gebruik word om hulle prooi in die diep, donker oseaan te lok.” Dié visse woon glo tot 900 m (3 000 voet) diep in die see.

“Hulle het deurskynende tande wat soos skerp stukke glas lyk en met hulle reusemonde kan hulle prooi so groot soos hulle eie liggaamsmassa insluk.”

Luidens die Facebook-inskrywing kan wyfies tot 60 cm (24 duim) lank word, terwyl die mannetjies net-net 2,5 cm (1 duim) haal.  Die mannetjies se enigste doel is om ’n wyfie te vind en haar te help voortplant. Om dit te kan doen klou die mannetjies aan die wyfies deur hulle skerp tande in hulle te slaan.

“Om só ’n vis boonop in ’n goeie toestand op die strand te vind is baie ongewoon. Dit is nie duidelik waarom of hoe die vis op die strand beland het nie.”

Die park sê voorts dat dié verskynsel ’n herinnering is aan die diversiteit van die seelewe en dat daar nog baie is om te leer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

tweeling ·

Ek is bly die mens paar nie soos hierdie visse nie hahaha

Misky ·

Daardie skerp tande is om van nagmerries te kry….. en dit dan in paartyd in die ander een in te “slaan”… eina

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.