[Foto’s] Skaars wit-koala in dieretuin gebore

Die wit-koala wat Dinsdag in die dieretuin gebore is (Foto: Facebook)

Twaalf babakoalas is die afgelope seisoen by die Australië-dieretuin in Queensland gebore.

Een van dié koalas het ʼn baie skaars wit pels. Geen van haar broers of suster is dieselfde kleur nie, en sy het ook nie Albinisme nie. Die wit-koala se kleur is volgens berigte die gevolg van ’n resessiewe geen aan haar ma se kant.

Albinisme sou gelei het tot die afwesigheid van kleur in haar vel, pels en oë, maar hierdie koala se oë is bruin, en het slegs ʼn ligte pels.

Dié unieke koala het nog nie ʼn naam nie, en mense in Australië is op sosiale media aangemoedig om naamvoorstelle te stuur.

Sommige mense het tradisionele name ingestuur, maar ander het hul verbeelding vrye teuels gegee en inspirasie van die gewilde televisiereeks Game of Thrones gekry. Hulle het voorgestel dat die wit-koala “Daenerys” genoem word, só vernoem na ʼn karakter in dié reeks wie se hare ook wit is.

Rosie Booth, hospitaal-direkteur by die dieretuin, het gesê wanneer diere so bleek gebore word, word daar oor die algemeen verwag dat hulle later sal verhaar en dat die kleur geleidelik donkerder sal word.

Die dieretuin word bestuur deur die ontslape Australiese bewaarder en wildtemmer Steve Irwin se familie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Natasha ·

OMW….. Dis so cute, ek sal wat wil gee om daai ou dingetjie vas te hou. Het nou die dag ene gesien in die Pretoria Dieretuin, hulle is nes ‘n bolletjie wol….

Zumie ·

Die arme dier – met sy ligte kleur gaan hy kort voor lank skuld kry vir allerhande rassisme…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.