Prins George, die oudste spruit van prins William en sy vrou, Kate, vier Vrydag sy agtste verjaardag.
Om die geleentheid te vier, het die hertog en hertogin van Cambridge ʼn portretfoto van prins George op sosiale media gedeel.
Die foto word wyd en syd versprei en die internet gons oor “hoe vinnig” hy grootgeword het. Vele van die kommentare op die foto wys ook daarop hoe baie prins George lyk na sy bloubloed-pa, wat tweede in ag kom vir die Britse troon naas sy oupa, prins Charles.
“Waarheen het die tyd gegaan?” het Kumla Gurmail, ʼn Instagram-gebruiker, gekoer. “Baie geluk met jou verjaardag, George.”
“Sjoe, kyk hoe groot lyk hy. Ongelooflike foto wat sy volwassenheid én skattigheid vasvang,” het nog ʼn Instagram-gebruiker geskryf.
Die foto, waarin prins George op die enjinkap van ʼn motor sit en in ʼn blou-en-oranje gestreepte kraag-T-hemp uitbundig vir die kamera glimlag, is deur Kate geneem.
Kate is ʼn kranige fotograaf wat lief is daarvoor om haar drie spruite met hulle verjaardae voor die lens te laat pryk. Dié foto is vroeër vandeesmaand in Norfolk, Brittanje geneem.
Prins George het ʼn jonger sussie, prinses Charlotte (6), en kleinboet, prins Louis (3).
- William, Kate en hul babaseuntjie, prins George. Kate se pa, Michael Middleton, het die foto geneem. (Foto: September 2013)
- Die foto is in 2014 deur John Stillwell tydens die “Sensational Butterflies”-uitstalling by die Museum van Natuurgeskiedenis in Londen geneem. (Foto: dukeandduchessofcambridge.org)
- Die hertog van Cambridge en sy seun, prins George, in 2015. (Foto: Kensington-paleis)
- Prins George en sy babasussie, prinses Charlotte, in 2015. (Foto: Kensington Paleis/Twitter
- Prins George in 2016. (Foto: Facebook via The Royal Family)
- Prins George in 2016. (Foto: Facebook via The Royal Family)
- Prins George (toe 4) saam met William en Kate met sy eerste skooldag in 2017. (Foto: Richard Pohle/Pool/AP)
- ‘n Gesinsfoto van prins William en Kate saam met twee van hulle spruite, prins George en prinses Charlotte in 2018. (Foto: Instagram/Kensington-paleis)
- Prins George word vyf in 2018. (Foto: kensingtonroyal/Instagram)
- Prins George in Julie 2019. (Foto: Kensington Royal)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Weet hy wat sy Grootouma Vicky in Suid-Afrika aangevang het in 1899-1902???
Skattig.
Kan ons nie maar die koninklikes vir die Huisgenoot los nie?
Ons kan spog met ons eie lieflike bloubloed kindertjies. Kinders van alle dele van ons land, kultuur, families en skattighede.
Wat n pragtige seuntjie. Eks seker sy ouma sou baie trots gewees het.