Die bekende Niagara-valle tussen die VSA en Kanada het in die snerpende winterkoue in ʼn ysige sprokiesland verander.
Die mis van die vallende water vries dadelik vas teen alles wat dit aanraak en bedek bome, voetpaaie en kranse in ʼn dromerige winterwonderland. Besoekers wat braaf genoeg is om die koue te trotseer word beloon met foto’s en selfies by dié skouspel.
Hoewel alles rondom die valle gevries is, vloei die drie valle steeds en bruis daar ʼn ysige mis uit die water op. “Die westewind waai die mis gewoonlik na die VSA se kant waar die vog vries en elke sentimeter van die landskap wit laat vertoon,” het Steven Welch, meteoroloog van die nasionale weerdiens gesê.
ʼn Diep winterkoue strek tans vanaf die suide van Texas tot in Kanada en van Montana reg deur tot by New England. Fonteine in Texarkana, Arkansas en New York se Bryant Park het gevries.
Selfs in Savannah, Georgia, waar die hoogste gemiddelde temperatuur in Januarie gewoonlik sowat 16 °C is, het die kwik teen Dinsdag stilgestaan op -1 °C – koud genoeg vir yskeëls om te vorm aan die fontein in Forsyth Park in dié stad.
Stukke ys dryf in die Mississippi-rivier en die Michigan-meer af en vorm “ysballe” met sy rollende golwe. Volgens die nasionale oseaniese en atmosferiese administrasie is 19,7% van die groot mere sedert Maandag met ys bedek.
Weervoorspellers het gewaarsku oor die gevare om te reis vanaf die suidooste van New England. Die uiterste koue sal glo tot die naweek duur.
Die korrekte Afrikaanse naam is Niagara-Waterval. “Valle” is ‘n direkte vertaling van die Engelse “falls” en is ‘n anglisisme.
@jaco: Daar is drie watervalle in die kompleks dus is dit korrek om in die meervoud daarna te verwys.
dis nie wat die Afrikaanse Wikipedia sê nie Nic. Ek weet dis nie die beste bron nie, maar dit bevestig wat ek in die skool geleer het. Die Victoria-Waterval bestaan ook uit ten minste 3 aparte watervalle.
Wat soek mense so vir ander foute? Elke dag is daar iemand op maroela wat moet wys hoe slim hulle is
Wow, dit is pragtig. Wens ek kon daar wees om dit te sien.
Global warming. Warm op een plek. KOUD op ander plek.••|•
Global warming. Warm op een plek. KOUD op ander plek.
Mini ystydperk in aantog. En ons gaan so onvoorbereid gevang word…
Natuur in sy volle glorie!! Pragtig!!
Baie afkoelend, vat maar huistoe vir die verwagte hitte by ons