[Foto’s] Slaap in Van Gogh se ‘skildery’

van gogh 02Jy kan nou op Airbnb plek bespreek om in ʼn replika van Vincent van Gogh se bekende slaapkamerskildery te slaap.

Die Kunsinstituut van Chicago het dié driedimensionele ervaring van die skildery saamgestel as ʼn interaktiewe byvoeging tot hul jongste uitstalling van Van Gogh se werke.

Die slaapkamer sluit al die besonderhede van die oorspronklike skildery in, en dit is op dieselfde lukrake manier in die kamer geplaas.

Die kamer, geleë buite die museum se kampus in River North, Chicago, is deel van ʼn groter woonstel en word teen slegs $10 per aand verhuur. Die kamer is na verwagting slegs tot einde April beskikbaar en die besprekings sal vermoedelik vinnig uitverkoop.

Die uitstalling van 36 werke fokus op die drie skilderye van plekke waar die kunstenaar gebly het. Dit is boonop die eerste keer wat die skilderye binne dieselfde spasie in Noord-Amerika uitgestal word. Die uitstalling is tot 10 Mei 2016 te sien.

Bespreek die kamer: Airbnb
Bly op hoogte met die uitstalling: Kunsinstituut, Facebook, Instagram

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eliza-beth ·

Ek sou daarin wou slaap! Mal oor kuns en die klink net baie koel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.