Foto’s: Só begin Sokkerwêreldbeker

Jennifer Lopez (groen), die kletsrymer Pitbull en popster Claudia Leitte Foto: FIFA World Cup, Facebook

Jennifer Lopez (groen), die kletsrymer Pitbull en popster Claudia Leitte Foto: FIFA World Cup, Facebook

Die amptelike musiekvideo van die temaliedjie van die wêreldbeker volg onderaan die berig. Die Sokkerwêreldbekertoernooi het Donderdagaand met ʼn glansryke openingseremonie in Sao Paulo, Brasilië, afgeskop.

Dié land het al ses wêreldbekers verower en het sy eerste wedstryd teen Kroasië met 3-1 gewen.

Jennifer Lopez, die kletsrymer Pitbull en popster Claudia Leitte het op ʼn reusagtige verhoog, wat soos ʼn oopgesnyde spanspek gelê het, op die temaliedjie vir die wêreldbeker, “We are one” gedans.

JLo, met ʼn blink groen uitrusting het opgedaag ondanks berigte dat sy nie die opening sou kon bywoon nie.

Die land word steeds geteister deur stakings oor sy burgers wat onder andere ontevrede is oor die hoeveelheid geld wat aan stadions spandeer is. Die openingseremonie het ongeveer $8 miljoen (sowat R85 miljoen) gekos. ʼn Werker by die stadion is op 29 Maart dood toe hy tydelike sitplekke vir die geleentheid installeer het.

Klik hier vir ‘n video van die openingseremonie.


Die musiekvideo is reeds meer as 84 miljoen keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.