Foto’s: Só het beraad tussen Trump en Kim Jong-oen afgeloop

Pres. Donald Trump van die VSA saam met die Kim Jong-oen, die Noord-Koreaanse leier, tydens die geskiedkundige beraad tussen dié twee leiers op die Sentosa-eiland in Singapoer (11 Junie 2018). Foto: AP Photo/Evan Vucci

Die geskiedkundige beraad tussen pres. Donald Trump van die VSA en die Noord-Koreaanse leier Kim Jong-oen het Dinsdagmiddag tot ʼn einde gekom met die twee staatshoofde wat ʼn “belangrike en omvattende” dokument onderteken het.

Albei leiers het dié dokument as histories bestempel, maar wou nie dadelik meer besonderhede verklap nie. Trump het gesê meer inligting oor die dokument sal later bekendgemaak word. “Albei kante gaan beïndruk wees met die uitkoms,” het hy gesê.

Voor die beraad Dinsdag by ʼn hotel op die Sentosa-eiland in Singapoer begin het, het Trump en Kim vir verslaggewers en fotograwe geposeer en hulle kans gegee om dié geskiedkundige oomblik vas te vang. Trump het skertsend gevra: “Kry almal ʼn goeie foto? Lyk ons goed en aantreklik en maer? Perfek.”

Die beraad was die eerste vergadering ooit tussen ʼn Amerikaanse president en ʼn Noord-Koreaanse leier.

Die twee leiers het aanvanklik alleen, net met tolke teenwoordig, vir omtrent 40 minute vergader. Daarna is hulle saam na ʼn groter lokaal waar hul afvaardigings by hulle aangesluit het. Mike Pompeo, Amerika se minister van buitelandse sake, Sarah Huckabee Sanders, die Withuis se perssekretaris, en ander raadgewers het by Trump aangesluit vir die beraad. Kim Jong-tsjol, een van Kim Jong-oen se getrouste bondgenote, het die Noord-Koreaanse leier vergesel.

Pres. Donald Trump van die VSA saam met die Kim Jong-oen, die Noord-Koreaanse leier, tydens die geskiedkundige beraad tussen dié twee leiers op die Sentosa-eiland in Singapoer (11 Junie 2018). Foto: Kevin Lim/The Straits Times via AP

Die dokument is onderteken nadat die twee afvaardigings ure lank agter geslote deure in gesprek was. Die beraad is gereël om die moontlikheid te bespreek dat Noord-Korea ʼn einde aan sy kernwapenprogram sal bring in ruil daarvoor dat die VSA se sanksies op dié land heeltemal of selfs gedeeltelik opgehef word.

Die twee leiers en hul afvaardigings het ʼn middagete saam geniet wat bestaan het uit ʼn voorgereg van garnale en avokado, hoofgereg van soet-suur vark, beesvleis, gebraaide kabeljou, aartappels, gebraaide rys en Asiatiese groente en ʼn nagereg van donkersjokoladetertjies met Häagen-Dazs-roomys.

Trump het ná afloop van middagete selfs vir Kim na sy presidensiële limousine, ook bekend as The Beast, begelei en hom ʼn seldsame kykie binne dié voertuig gegee.

Trump het ná afloop van die gesprek die Noord-Koreaanse hoof as ʼn “waardige en baie slim onderhandelaar namens sy mense” beskryf. Op ʼn vraag van verslaggewers wat hom die meeste van die vergadering verbaas het, het Trump gesê Kim Jong-oen het ʼn “wonderlike persoonlikheid” en is “baie slim”. “ʼn Goeie kombinasie,” het die president gesê.

Pres. Donald Trump van die VSA saam met die Kim Jong-oen, die Noord-Koreaanse leier, tydens die geskiedkundige beraad tussen dié twee leiers op die Sentosa-eiland in Singapoer (11 Junie 2018). Foto: AP Photo/Evan Vucci

Trump beskryf Kim ook as “ʼn baie talentvolle man” wat “sy land baie liefhet”. Trump meen hy en Kim het ʼn “wonderlike dag” saam gehad en baie van mekaar en mekaar se lande geleer. Volgens die Amerikaanse president sal die twee leiers na verwagting voortaan nog vele kere vergader.

Trump het ook bevestig dat hy in ʼn stadium vir Kim na die Withuis in Washington sal nooi.

Kim het op sy beurt ná afloop van die beraad gesê “die wêreld gaan ʼn groot verandering sien gebeur”, maar het nie uitgebrei wat dié verandering sal behels nie.

Kim en sy afvaardiging het Dinsdagmiddag die Sentosa-eiland verlaat, maar Trump het vir eers agtergebly in die hotel waar die twee leiers vergader het.

Volgens Trump het die beraad “beter afgeloop as wat enigiemand kon dink”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Liamari ·

Alles goed en wel. Maar hulle bly die nommer 1 land wat Christene vervolg. Op Kim Jong se hande is baie Christene se bloed…

Rome is nie in 'n dag gebou nie ·

‘n Mens moet erens begin onderhandel . . . Christene wat vir hulle geloof vervolg is & gesterf het , het ‘n baie groot beloning in die hiernamaals
Openbaring 20:4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van DIE WAT ONTHOOF IS OOR DIE GETUIENIS VAN JESUS EN OOR DIE WOORD VAN GOD, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en HULLE HET GELEEF EN AS KONINGS GEREGEER saam met Christus die duisend jaar lank

Liberaal ·

Ummm, ek is nognie seker nie, CNN, wat moet ons nou dink?

Waarheid ·

Marius ….Vra die verlinkses….
Liamarie…stem saam, só dankbaar elke siel SAL vir
sy eie oortredings moet verant-
woording doen voor DIE ALLER-
HOOGSTE, eendag.
Weet net as jy doen wat jy sê, en erken WIE jou skepper is kan almal sien jou DADE spréék waarvoor jy staan. STERKTE vorentoe Mnr. Trump.

JH ·

Die wêreld skree vir vrede. Die Woord van God sê dis waaraan die einde geken kan word.

Oom Jaco ·

Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid — dan oorval ’n skielike verderf hulle soos die barensnood ’n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.
I THESSALONICENSE 5:3

Geen einde ·

Janee hier gaan ons alweer. God het vir ons breine gegee om self te dink en hande om self te doen. As jy sit en wag gaan jy nog lank wag. Dit is dalk ons einde as ons nie fyn dink nie maar einde van die mensdom sal dit nie wees nie.

Narprys ·

Trump laat die Amerikaanse gewone mense op straat lag van geluk en nuus van groeiende ekonomie en werkskepping, hy skep groot vreugde, meer as n nar mense sal laat lag.

Cherokee ·

Noord-Koreane is tog grootliks ‘n moslem groep is dit nie? En moslems eet nie varkvleis nie … met verwysing na hul middagete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.