[Foto’s] Só lyk die lelikste hond ter wêreld

Die Napolitaanse bulhond genaamd Martha (Foto: ANA)

ʼn Yslike Napolitaanse bulhond genaamd Martha is Vrydag op die Sonoma-Marin-deelstaatskou in Noord-Carolina in die VSA as die wêreld se lelikste hond aangewys.

Martha, wat sowat 55 kg weeg, is as die 29ste wenner in die World’s Ugliest Dog-kompetisie gekroon. Sy het 13 ander honde vir dié titel in die stof laat byt.

Volgens die New York Times was Martha van meet af aan ʼn gunsteling onder die gehoor danksy haar “droë rooi oë, haar onbeheerbare kwyl en haar sakkerige, los vel”.

Die gehoor het wild hande geklap toe dié bulhond telkens net op die grond neergeval het met haar los vel versprei oor die verhoog terwyl sy eintlik veronderstel was om te probeer beïndruk.

Sy het selfs ʼn keer of wat aan die slaap geraak.

Martha het ʼn prys van $1 500 (sowat R20 000) en ʼn trofee gewen asook ʼn reis na New York om mediaverskynings te maak.

ʼn 16-jarige Brusselse Griffon-pug en ʼn 14-jarige Chinese brak van gemengde ras het die tweede en derde plek gekry.

Die Napolitaanse bulhond genaamd Martha (Foto: ANA)

Die Napolitaanse bulhond genaamd Martha (Foto: ANA)

Die Napolitaanse bulhond genaamd Martha (Foto: ANA)

Die Napolitaanse bulhond genaamd Martha (Foto: ANA)

In die tweede en derde plek:

Die 16-jarige Brusselse Griffon-pug in tweede plek (Foto: ANA)

14-jarige Chinese brak (regs) het die derde plek verower (Foto: ANA)

 Vorige jare se wenners:  

Die 2016-wenner (Foto: ANA)

Die 2015-wenner (Foto: ANA)

Die 2014-wenner (Foto: ANA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Maria ·

Shame hoe moet die arme hondekinders se hartjies dan nou voel. Hulle lyk vir my almal pragtig

Linda Blignaut ·

Pragtige hond. Wat die ander honde betref, hoeveel was kruisings en dit is die mens se skuld en nou word daaroor gelag. Walglik. Hoe sal mense voel as ons moet kies wie is mooi en wie is lelik en daaroor lag.

Fransie ·

Stem volkome met jou saam Bonita. Dis n lieflike hond. 2de en 3de verdien om daar te wees, maar nie die wenner nie.

Riana ·

Ek dink hy is te pragtig. Die ander jare se wenners is reg maar die jaar se hond is seker maar mooi van lelike heid

Sus ·

My hart bloei vir die troeteldiere! Wrede eienaars! Baie van die honde wat kwansuis die lelikste is, het ‘n liggaamsgebrek.

Yvonne ·

Ek saam met jou Sus. Hierdie honde kan nie help dat hul so lyk nie en ja , dit is heelwaarskynlik n gebrek. Dit is regtig nie nodig om n kompetisie te hou en n bespotting van die diere te maak nie.

Lyla ·

Dit maak mens net hartseer. As jy dink dit is oulik of snaaks het jy geen siel nie.

Linda ·

Vir my is daar ook GEEN lelike hond nie almal mooi shame hulle is pragtig

Dikkes ·

MAAR ek stem mos nou nie saam nie, die woef is dan mooi!

Die 2014 wenner is ‘n baie lelik woef, net sy ounooi kan vir hom \ haar lief wees! ☺

Lee ·

Dis ‘n pragtige hond. Ek hou baie van hom. Nie eers lelik nie. 2014 was baie lelik shame

Liezel Oosthuysen ·

Sy is pragtig. n bietjie funny maar vir my baie mooi. OULIK.

Loretta ·

Agge nee dit kan nie wees nie dat hy die lelikste hond is nie LIEFDE VIR LELIK HY IS AWESOME !!! Daardie lippe is die mooitste. Hoe moet sy ma nou voel Shame.

NICKEY / GAUTENG ·

Wat maak dit saak hoe hulle lyk??? Hulle het een ding wat ons mense NIE HET NIE…..HARTE VAN GOUD.

Andrea ·

Presies. Al is hul hoe lelik, hul harte is gevul met liefde vir hul eienaars. Daarom is selfs die lelikste een vir my pragtig.

BaseHonne ·

is daai 2014 enetjie is geteël om vlieë weg te jaag? ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.