Foto’s: Só lyk die nuwe prinses

Die hertog en hertogin van Cambridge en hul dogter voor die Lindo-vleuel van die St Mary's-hospitaal in Londen, Engeland Foto: Kensington-paleis

Die hertog en hertogin van Cambridge en hul dogter voor die Lindo-vleuel van die St Mary’s-hospitaal in Londen, Engeland Foto: Kensington-paleis

Die hertogin van Cambridge is reeds uit die St. Mary’s-hospitaal in Londen, Engeland ontslaan nadat haar en prins William se dogter Saterdagoggend gebore is.

Prins William en sy seun, prins George, het ook by ma en dogter aangesluit en hulle het teruggekeer na die Kensington-paleis.

Besonderhede van die geboorte van die nuwe prinses, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, is soos gebruiklik op ʼn esel voor Buckingham-paleis vrygestel.

“Haar koninklike hoogheid wil al die personeel by die hospitaal bedank vir die sorg en behandeling wat hulle ontvang het,” het Kensington-paleis in ʼn verklaring gesê. “Hulle bedank ook almal vir hul goeie wense.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Neptunus ·

Dis heeltemal gepas om hieroor te berig, Marools Media kan nie maak asof dit nie gebeur het nie, maar laat ons dit nou nie in ‘n sirkus ontaard nie. Wat is volgende? “Nuwe prinses se winde uitgevryf” of “Prins George jaloers op sussie”.

Ons planeet en land ly genoeg aan hierdie oordrewe heldeverering vir sterflike mense. Dis immers die media wat hulle as “sterre” en “glanspersoonlikhede” opdis.

Hierdie meisie is maar net ‘n mens, weliswaar een wat op 10 reeds R18 biljoen sterk sal wees.

mandie ·

Baie geluk aan mamma en pappa. Dis n eer om n ouer te wees. Mamma sys te pragtig, gaan net so pragtige mensie wees soos ma self. Baie geluk en mag sy julle al die vreugde gee wat daar is

hannie ·

Ag nee wat Coenraad..vir wie is jy nou kwaad—hul is n mooi gesinnetjie..

marie ·

Ag nee mense. Rerig. Baie dankie vir die mooi fotos en die beriggies. Sal altyd n Diana ondersteuner bly. Dankie Maroela doen so voort.

marie ·

Baie mooi foto van die baba. Ek self het ouma geword op 1 Mei dag voor die baba en dit bly n groot ondervinding vir my.

EMK ·

Ja wat, as oor elke tv ster/sanger ens in SA se swangerskap-boepies, geboortes ens berigte geplaas kan word – hoekom nie oor die nuwe prinsessie nie? As mens nou nie van die goed hou, dan klik jy maar op ander berigte, wat. Mooi kleinding en hopelik eindig sy nie op as ‘n stoute kleinding a’la oom Harry!

Isabella ·

Die wonderlikste voorbeeld wat hulle stel, word die volgende dag uit hospitaal ontslaan omdat hulle die kindjie ‘n natuurlike geboorte gegun het! Diegene wat keisersnees sommer net kies behoort hulle te skaam!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.