[Foto’s] Só lyk supermaan oor die wêreld heen

Die supermaan in Spanje. Foto: AP Photo/Miguel Morenatti

Die supermaan in Spanje. Foto: AP Photo/Miguel Morenatti

Die maan het op 14 November die naaste aan die aarde beweeg die afgelope 68 jaar.

Die maan se baan om die aarde is effens ellipties en die maan het die afgelope jare steselmatig nader aan die aarde gekom, maar teen middel-November is die maan buitengewoon naby aan die aarde. Die volgende keer wat die maan só na aan die aarde kom, is in 2034. Op 14 Desember sien ons die laaste, die vierde, supermaan van die jaar.

Só het die supermaan in ander dele van die wêreld gelyk:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

René Erwee ·

God het alles geskape en gesê dat dit goed is. Dankie aan elke fotograaf wat die skepping se wonder en wonders vir ons uitbeeld. Voorwaar asemrowend!

Adoons ·

Dis mooi – nie net omdat die maan mooi geskape is nie, maar ook omdat mense mooi geskape is en self mooi skep.

Netekke ·

WOW, dit is fantasties mooi. Ons kon nie die maan sien nie want dit was bewolk hier.
Baie duisend dankie vir die deel van die stunning foto’s.

Vivian ·

Wow. God is groot en goed. Het laasnag so ingedoen gevoel met al die wolke, maar dankbaar vir die reen. Dankie vir vir die fotograwe, maar veral vir die skrywer van die artikel.

Dankie ·

Dankie Maroela vir al die moeite, dit is werklik mooi en lekker om deel te wees!

E.K. - ek sê net! ·

Ongelukkig kon ons nie die mooi maan sien want GELUKKIG was daar welkome reënwolke wat dit verhoed het! So, dis lekker om wel mooi foto’s daarvan te kan sien!

Len ·

God is groot. Hy het alles so mooi gemaak. Dankie onse Hemelse Vader dat U alles so mooi onderhou dat ons U grootheid deur alles kan sien . Sjoe dit is pragtig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.