Foto’s: Só vier die wêreld Paassondag

Pous Franciskus op Paassondag in die St. Petrus-basiliek in die Vatikaan. (Foto: Filippo MONTEFORTE / POOL / AFP)

Gelowiges regoor die wêreld vier vandag Paassondag te midde van afsonderingsregulasies in ’n poging om die verspreiding van Covid-19 te beperk.

Pous Franciskus het vroeër vandag tydens ’n mis in die St. Petrus-basiliek in die Vatikaan gevra dat entstowwe onder die armste lande gedeel word namate die gevalle weer styg. Italië is tydens die Paasnaweek weer streng ingeperk.

“Ek doen ʼn beroep op die internasionale gemeenskap… om hulle daartoe te verbind om vertragings in die verspreiding van entstowwe te voorkom en die verspreiding daarvan te vergemaklik, veral in die armste lande,” het die pous aan ongeveer 100 mense in die St. Petrus-basiliek gesê.

Paasfeesviering kon egter byna normaal in Israel voortgaan weens dié land se suksesvolle inentingsprogram. ’n Paasmis is vandag in die Kerk van die Heilige Graf in Jerusalem gehou waar Jesus Christus na bewering begrawe is.

Die mis op Paassondag in die Kerk van die Heilige Graf in Jerusalem. (Foto: Emmanuel DUNAND / AFP)

’n Optog na afloop van die mis op Paassondag in die Kerk van die Heilige Graf in Jerusalem. (Foto: Emmanuel DUNAND / AFP)

Libanese priesters tydens ’n mis op Paassondag in die kerk van Our Lady of Protection, oos van die hoofstad Beiroet. (Foto: ANWAR AMRO / AFP)

Katolieke woon ‘n oggendmis by op Paassondag in ‘n Katolieke kerk in ‘n dorpie naby Beijing. (Foto: JADE GAO / AFP)

‘n Paasdiens is Sondag tydens sonsopkoms buite die All Saints’ Church in Brenchley in die suidooste van Engeland gehou. (Foto: BEN STANSALL / AFP)

’n Vrou woon Sondag ’n paasmis by in St. Sebastiaanskerk in Katuwapitiya, Negombo, Sri Lanka. (Foto: ISHARA S. KODIKARA / AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kiewiet ·

Wat n wonderlike tyd .
In ortodoksie was vandag die laaste van n reeks dienste : Heilige week word al van laas Sondag met Palm Sondag ingelei en dan Do aand Voete was en instel van nagmaal . Vrydag 15 00 n lang diens Sa aand sg Easter Vigil met herhaal van doop belofte nog n langer diens ! . Ek is altyd verbaas oor die hoeveelheid mense wat dan So oggend nog soveel moeite insit.
Selfs in ons kleindorpie was die kerk “vol” Heel week tot die laaste diens So oggend
. Moeg maar dankbaar vandag
Dankie Heer
Kiewiet

Pieter ·

En in Suid Afrika word op Pase internasionale krieket gespeel. Ons moet nie kla as dit sleg gaan nie as ons Pase so deurbring nie.

SomeOne ·

kon julle nie maar ‘n paar dae gewag het nie, julle lewens is aan Hom te danke

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.