Foto’s: Sonsverduistering in dele van Ooste

Die son in die vorm van ʼn halfmaan tydens die sonsverduistering in Katmandoe, Nepal. (Foto: Niranjan Shrestha, AP)

Sterrekykers het Sondag die hemelruim bewonder toe ʼn gedeeltelike sonsverduistering in dele van Afrika, Asië en die Midde-Ooste plaasgevind het.

“Ons was gelukkig om dié sonsverduistering te kon sien,” het Hasan al-Hariri, uitvoerende hoof van Doebai-sterrekundegroep, gesê. “Ons sal eers weer oor 14 jaar só ʼn geleentheid kry.”

Mense in Doebai kon Sondagoggend soveel as 85% van die verduisterde son sien. “ʼn Verduistering is ʼn seldsame gebeurtenis. Dit gebeur gewoonlik twee keer per jaar, maar dit verskil van plek tot plek,” sê Al-Hariri.

Hoewel die Covid-19-pandemie die Doebai-sterrekundegroep se planne vir ʼn massabyeenkoms belemmer het, het die groep hulle tot die internet gewend sodat mense wêreldwyd die gedeeltelike sonsverduistering kon sien terwyl dit gebeur.

In Nieu-Delhi, Indië, waar die verduistering ook sigbaar was, het ʼn bewolkte hemelruim nie entoesiaste afgeskrik nie.

Só lyk die gedeeltelike sonsverduistering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.