[Foto’s] ‘Supergeveg’: Mayweather reken af met McGregor

Floyd Mayweather Jr. dien ‘n hou toe tydens die boksgeveg met Conor McGregor (Foto: AP Photo/Isaac Brekken)

Die Amerikaanse professionele bokser Floyd Joy Mayweather Jr. het die Ierse professionele gemengde gevegskunstenaar Conor McGregor deur ʼn tegniese uitklophou in die 10de ronde van hul boksgeveg oorwin.

Die sogenaamde “money fight” het Saterdagaand in Las Vegas, VSA plaasgevind en dit is die 50ste wen vir Mayweather se loopbaan.

Minstens 50 miljoen mense het ingeskakel om die boksgeveg te aanskou en dit was ook om 05:00 Sondagoggend in Suid-Afrika te sien.

Die 40-jarige Mayweather is onoorwonne in sy professionele loopbaan. Dit was die eerste keer wat McGregor (29), die UFC liggewigkampioen, aan ʼn professionele boksgeveg deelgeneem het.

Mayweather het met ʼn paar linkerhoue en regterhoue op McGregor toegeslaan en die skeidsregter het die geveg in die 10de ronde, met 1:55 op die horlosie, gestop.

Mayweather het ná die boksgeveg aan Jim Gray van Showtime Sports gesê McGregor “was baie beter as wat ek gedink het”, aldus UFC se amptelike Twitter-rekening. Hy het gesê McGregor “was ʼn taai mededinger en hulle het vir die aanhangers gegee wat hulle wou sien”.

Volgens Mayweather is die boksgeveg teen McGregor die laaste van sy loopbaan. Hy het na raming $200 miljoen vir dié boksgeveg ontvang.

Die 14 623 toeskouers in die arena het elkeen $10 000 (ongeveer R130 000) vir ʼn sitplek betaal om die boksgeveg te aanskou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Linda ·

So bly Floyd het gewen. Geen mens maak bespotting van Jesus. Jy sal sink soos die Titanic.

Anel ·

Ek stem saam Linda! Dit was my presiese woorde! Toe sink hy nes die Titanic

Haan ·

Vorige keer wat hy dit gedoen het, het hy sy g@t gesien teen Nate Diaz… Gedink die arrogante wetter sou sy les leer

Christo ·

As julle die tyd vat en die onderhoud luister wat einde 2015 met Conor gevoer was, toe hy uitgelok was deur n verslaggewer om die gewraakte woorde te geuiter het, sal julle insiggewende kommentaar oor Conor lewer eerder as opinieerde oningeligte kommentaar. Wat van Mayweather? Mayweather die psigopaat. Mayweather die vroueslaner. Mayweather die kinder slaner.
So…..voordat julle klippe gooi maak seker julle weet van alle glaskaste.
Hierdie twee manne is en bly 2 fenomenale atlete.

Wessel ·

@ Hannelie & Christo
So dit is die Verslaggewer se skuld ? Enige iemand wat homself verhef bo God, SAL val, en so het dit gebeur.

Lucy ·

Dit maak nie saak wanneer hy dit gese het nie- hy het dit steeds gese.
God is nie ons speelmaatjie nie

"Eksê" ·

Hoe kan julle ‘n American putbull teen ‘n Jack Russell laat veg? Obvious selfmoord!

schalk ·

Some people go to a fight..to fight! Others go to fight to WIN! These only went for the money!!! Belaglik!! As dié die wereld se beste boksers is, is ons kroeë wereldgehalte!!

Was n Blufspel ·

Enige ware boks-aanhanger weet Manny Pacquiao bly koning!

Frans C ·

McGregor het goed begin en het die eerste rondtes op punte gewen.Ongelukkig kon hy nie die pas volhou nie en het uit stoom geraak en was onvas op sy voete in die 10de.
Gelukkig vir hom het die skeidsregter die geveg beëindig anders het hy harpuis geruik.

Mayweathers se boksvernuf en ervaring en krag het die een beklink.Volgens Amerikaanse
nuus het hy 300 miljoen dollar en McGregor 150 miljoen dollar vir die geveg ontvang.
Dit is darem ‘n yslike bedrag in Rande vir ‘n geveg wat nie veel vuurwerke opgelewer het nie.

Anton ·

Ding is, en so is dit in besigheid ook; jy stap nie sommer in en ontwrig enige industrie en kom weg daarmee nie. Die ouens is al lank in die game en weet hoe om hulle industrie te beskerm, terwyl hulle uithou en aanhou gaan jy jou alie sien.

Andre van der bank. ·

No guys, Mayweather $100 million, Mcgregor $30 million.

Frans C ·

Sluit dit sy verdienste as mede promoter van die geveg in?

Frikkie (Nie pienk) ·

Was ons polisieminister, Mbabula, nie weer op Mayweather se koste teenwoordig nie?? Of is die aanslag op sy lewe nou so erg, dat hy liewer tuisbly, in veilige SA.

Voorlaaier ·

Was maar i terleurstelling!!…….Hier is beter fights op Brakpan………
Hier word jy nie met blou oe gebore nie boetie……..jy moet hulle verdien!!

Henry ·

hahaha!
Loshande die beste en raakste kommentaar oor die klugspul.
:-)

Johan Fourie ·

Dankie Floyd daai Conor was vol van hom self hy fergeet boks is verder as 3 rontes en was hy nie Arrogant nie ,ek skree nou nog hoe lekker kry ek nou nie.

Neilia ·

Alhoewel Mayweather gewen het stem ek glad nie saam met die geveg. Ruil hulle rolle om . As Floyed in McGregor se cage was sou hy nie n rondte uithou.. Ek moet dit vir McGregor gee wat solank uitgehou het. Vraag nou net is hoeveel KOS het Mayweather nou eintlik gekry deur regte knockouts en nie deur n ref ? En aan die anderkant n 40 jarige teen n 29 jarige,Mc se stamina was in rondte 3 klaar.

tamboti ·

Ditsem Nelia, jy slaan die uitklophou. Ek het nie die geveg gesien nie, maar ja – as die kruit en cage omgeruil word sal die uitslag dalk ook omruil!!!
‘n Sokker span sal seker ook maar harde bene kou op ‘n rugby veld, veral as hul net 11 teen 15 is, en nogsteeds rugby moet speel.

danie ·

Dis die Ier wat windgat genoeg was om een van die beste professionele boksers ooit (alhoewel reeds uitgetree) uit te daag in die bokser se spesialiteitsveld…en toe sien hy sy alie (soos verwag).

SjN ·

Geldmaak sorie, kom Brakpan toe, die wit waks sal uit hulle geslaan word.

Mariska Kruger ·

Connor McGregor het ‘n baie goeie show vir sy aanhangers gegee. 10 rondtes uitgehou. Ek dink dit is nogal merkwaardig. En ek is nogsteeds ‘n trotse ondersteuner.

Nico K ·

Ek is verbaas dat daar nog so baie boksbelangstelling in SA is. Boks in SA het redelik verdwyn uit die nuus uit. Dit lyk my ek was verkeerd.

Lag net... ·

Ek wil net vir julle almal se dit was uit en uit n sirkes. Boks is n “skile” en moet n mens super super fiks wees en MC was glad nie op standaard nie. Swakste geveg wat ek nog ooit gesien het dit was en bly n skande vir boks.

ag aarde tog ·

ai lag net….
ek glo ou Connor was op standaard met fiks wees…
jy kan nie n MMA champ wees as jy nie fiks is nie…
het jy al so fight gekyk? daardie manne hop so baie rond daar binne in daardie octagon…

maar ek gaan saam jou stem as jy se dat hy nie met Boks op standaard is nie…
daai 2 sporte verskil dag en nag van mekaar as dit by “skill” kom..

Mel ·

Dankie Hannelie! Ek het presies hierdie argument gehad oor die naweek. Ek probeer nie sê sy antwoord was ‘reg’ nie – maar die verslaggewer was ‘n idioot. McGregor het vir my selfs effe geskok gelyk oor die vraag. Dit is buite konteks geneem.
Mayweather se verlede is ook maar nie rooskleurig nie – so as iemand wil ondersteun op gronde van wat hulle al gedoen of kwytgeraak het – is jy glad nie veronderstel om EEN van die twee te ondersteun nie!

ag aarde tog ·

ag kom nou mense… die fight was goed… as jy n Mc fan is, gaan jy mos nou bitter proe… ja ja almal praat nou van “as die rolle omgeruil was”… Mayweather sal nie so dom wees om in n octagon in te klouter nie, want hy weet dit is nie sy speel plek nie… net soos ou Mc geweet het dat dai boks kruit nie sy speel plek was nie en toe maar weg geloop het met n loss…

JR ·

Hy wou mos sê dat niemand in die wereld hom kan wen nie en toe sê hy ook nog dat as Jesus nog hier was, hy Hom ook sou pak slae gee, so jy het jou verdiende loon gekry connor. Die Here het jou nog gespaar ook boonop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.