Foto’s: Talle beseer ná voertuig voetgangers ‘met opset’ tref

Voetgangers loop verby die toneel waar polisie en nooddienswerkers besig is (21 Desember 2017). Foto: Kaitlyn Offer/AAP Image via AP

Australiese media berig tot 19 mense is beseer nadat ʼn motor Donderdag in ʼn skare voetgangers op ʼn sypaadjie in Melbourne ingeploeg het.

CNN berig twee mense is reeds in hegtenis geneem in verband met die voorval. Volgens plaaslike media is 12 van die beseerdes na hospitale geneem, insluitend ʼn kleuter wat ernstige kopbeserings opgedoen het. CNN berig verskeie van die beseerdes is in ʼn kritieke toestand.

Reuters berig die Australiese polisie het bevestig die bestuurder van die voertuig, ʼn wit Suzuki-sportnutsvoertuig, het “met opset” in die skare ingejaag, maar daar is nog geen bevestiging dat die voorval met terreur verband hou nie.

ʼn Skermskoot van ʼn uitsending deur die Australiese Uitsaaikorporasie van nooddienswerkers wat slagoffers op die toneel behandel (21 Desember 2017). Foto: Australian Broadcast Corp. via AP

Die voorval het in Flindersstraat plaasgevind, een van Melbourne se besigste strate vir voetgangers, aangesien dit tussen ʼn groot treinstasie en die bedrywige sakesentrum geleë is. Talle voetgangers was ten tyde van die voorval in die straat besig om hul laaste Kersinkopies te doen.

ʼn Ooggetuie, net bekend as David, het aan ABC News gesê die voertuig het tussen 60 km/h en 100 km/h gery toe dit die voetgangers getref het. “Die mense is teen ʼn redelike spoed getref en een of twee is hoog in die lug op geslinger,” het hy gesê.

Die plaaslike polisie het in ʼn verklaring gesê daar is tans ʼn groot polisieteenwoordigheid in die gebied om die gemeenskap se veiligheid te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rupert Ashford ·

So Aussie media noem hy is Australiese burger maar “mentally ill and drug addict”. Oorsese media meld hy is ban Afghaanse afkoms. Seker ‘n Presbyterian. ;-)

Cor ·

Wys maar net weer die sogenaamde land van melk en heuning is toe ook nie van ernstige misdade gevrywaar nie. Ek sal maar hier in die wilde weste SA bly ons het al geleer om te koes en weg tespring.

Gerhard ·

Hy is beide ‘n Australiese burger en van Afghaanse herkoms. Die res is net bespiegelings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.