Foto’s: Talle dood ná tornado tref

Foto: Mike Haskey/Ledger-Enquirer via AP

ʼn Tornado het die dood van minstens 22 mense veroorsaak en talle beseer nadat dit die suidoostelike dele van die Amerikaanse deelstaat Alabama getref het.

Die tornado was die gevolg van ʼn hewige stormstelsel wat groot skade aangerig en talle ander tornado’s veroorsaak het.

Hommeltuie word intussen ingespan om na oorlewendes te soek. Volgens die polisie het die tornado ʼn spoor van verwoesting agtergelaat met huise wat platgevee is. Talle mense het ernstige beserings opgedoen en die dodetal sal na verwagting styg.

Foto: WKRG-TV via AP

Lee County het die ergste deurgeloop en tientalle nooddienspersoneel en reddingswerkers is na die toneel ontbied. Die storm het ook al grootskaalse skade in dele van Georgia, Suid-Carolina en Florida veroorsaak.

Pres. Donald Trump het ʼn beroep op inwoners van Alabama en omliggende gebiede gedoen om veilig te bly en versigtig te wees. “Aan die families en vriende van die slagoffers en die beseerdes – God seën julle.”

Talle tornadowaarskuwings is in dele van Alabama, Georgia, Florida en Suid-Carolina uitgereik.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

GRIET ·

? moet verskriklik wees om te beleef…?
woorde van troos,ontbreek…

IK ·

By ons is daar ook probleme maar hierdie goed soos orkane, monsoon reëns, aardbewings, oorstromings ens. is erger. By ons is moord, roof, stakings, verkragting, rassisme, en . . . Nou weet ek nie of dit hier beter gaan . . .

Mel ·

Wat n vreeslike ramp! En tog bly God se genade groot. Mag die families wat aangeraak is vrede vind in die palm van God se hand

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.