Foto’s: Talle gevaarlike diere ontsnap uit dieretuin weens vloede in Georgië

Pogings om die seekoei weer na veiligheid te bring nadat dit uit die Tbilisi-dieretuin in Georgia ontsnap het weens die vloede  Foto: Tinatin Kiguradze, Facebook

Pogings om die seekoei weer na veiligheid te bring nadat dit uit die Tbilisi-dieretuin in Georgië ontsnap het weens die vloede
Foto: Tinatin Kiguradze, Facebook

Talle diere loop op vrye voet in Tbilisi in Georgië nadat gedeeltes van die dieretuin tydens vloede verwoes is.

Verskeie diere, waaronder ses tiere, ses leeus en agt bere het uit hul hokke ontsnap. Die polisie het reeds ʼn paar diere doodgeskiet uit vrees vir die inwoners se veiligheid. Ses wolwe is buite ʼn kinderhospitaal doodgeskiet, volgens die uitsaaier Rustavi 2.

Minstens agt mense is dood in die vloede. Pres. Giorgi Margvelashvili het sy meegevoel betuig met die slagoffers en onderneem dat die opbouingsproses vinnig sal begin.

Die regering het ʼn krisissentrum gevestig. Alhoewel die donderstorms van die afgelope paar dae opgeklaar het, maan die ministerie van binnelandse sake persone om steeds binnenshuis te bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

6 Kommentare

Winston ·

Wie het hierdie diere in hokke gesit? Nou word hulle doodgeskiet? Dis uiters swak hantering van wilde diere. Hulle kon tydelik in ander skerms geplaas gewees het as daar n wil was…..jammerlik.

Suné van Heerden ·

Dagsê Peet,

Dankie! Dit was inderdaad ‘n oorsig. Ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Peet Schabort ·

Suné, ook die onderskrif by die foto . . .
(Die beste stuurman . . . )

Johan Pic's ·

Diere hoort in die natuur. Ek verafsku dieretuine – en haat sirkusse met ‘wilde’ diere. Soms moet diere ongelukkig gehelp of gered word. Daardie mense het ‘n passie vir dit – en ek loof hulle – maar die ander hoort agter tralies

Ulandi ·

Mense walg my! Om daardie onskuldige diere dood te skiet? Mensdom is pateties! Kon hulle nie maar instansies soos Four Paws ingeroep het om die diere te red nie? Maar nee, wat is ‘n dier se lewe werd?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.