Foto’s: Talle ou wapens in Namibië opgegrawe

Die ou vuurwapens wat in Namibië opgegrawe is. (Foto: Verskaf)

Meer as ’n duisend ou geroeste vuurwapens is in Tsumeb, Namibië, opgegrawe.

Dit word vermoed dat dié versteekte vuurwapens, waaronder dubbelloop-haelgewere en rewolwers, uit die Eerste Wêreldoorlog dateer.

Eagle FM Namibië berig werkers van die Namibiese telekommunikasiemaatskappy Telecom Namibia het Vrydag slote by Tsumeb Gimnasium se sportveld gegrawe toe hulle op talle versteekte vuurwapens en ander artefakte afgekom het.

Die ou vuurwapens wat in Namibië opgegrawe is. (Foto: Verskaf)

Dit word vermoed dat die meeste van die vuurwapens die Mauser K98 8×57 is wat deur die Duitse Schutztruppe gebruik is en na bewering in Julie 1915 begrawe is. Die Schutztruppe het bestaan uit soldate uit Duitsland se destydse kolonies in Afrika. Aan die begin van die Eerste Wêreldoorlog (1914), was daar in elk van Duitsland se kolonies van hierdie troepe gestasioneer, ook in Namibië.

Die ou vuurwapens wat in Namibië opgegrawe is. (Foto: Verskaf)

Minstens een van die rewolwers wat gevind is, blyk ’n Reichsrevolver 10.6x25R mm uit 1879 te wees. Dit is Duitse diensrewolwers wat gedurende 1879 en 1908 deur die Duitse weermag gebruik is. Dit is ook gedurende die Eerste Wêreldoorlog gebruik.

Die historiese vuurwapenvonds sal deur die Namibiese polisie hanteer word. Daar blyk ook nog vuurwapens te wees wat nog nie opgegrawe is nie.

Die ou vuurwapens wat in Namibië opgegrawe is. (Foto: Verskaf)

Die ou vuurwapens wat in Namibië opgegrawe is. (Foto: Verskaf)

Die ou vuurwapens wat in Namibië opgegrawe is. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Faraway ·

Wys jou net . . . Daars niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie . . . Lukas 12:2

Kokerboom ·

Heelwaarskynlik sal ‘n klag van onwettige wapenhandel gelê en vergoeding ge eis word (tong in die kies)!

Manie ·

Soveel skaars K98 Mauser aksies daarmee heen, wat ‘n verlies.

Robert ·

Twyfel sterk… daai is skroot en was tien teen een reeds skroot gemaak voordat dit begrawe was deir die Duitsers.

Grassie ·

Dit is jammer dat sulke goeie goed so tot hul einde gekom het. Ek wonder net of die kaliber reg verstrek is. Miskien moes dit 7×57 gewees het.

Gustav ·

Nee, Maroela is reg dié keer.
Die werklike kaliber is 7,92x57mm en word aangedui as 8x57mm, 8 x 57 of 8mm Mauser. Dit was die Duitsers se standaardkaliber dwarsdeur van 1903 tot anderkant die Tweede Wêreldoorlog.
Die 7×57 waarvan jy praat, was die Boere se staatmakerkaliber tydens die Vryheidsoorlog van 1899 tot 1902.

Jack ·

Kan bly wees die goed is onbruikbaar. Stel jou voor wat die misdadigers in ons land nie daarmee sou aanvang nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.