Foto’s: Talle sterf, beseer ná ontploffing by fabriek

ʼn Gebou aan die brand by die aanleg in Yancheng [21 Maart 2019]. (Foto: Chinatopix via AP)

Xi Jinping, president van China, het Vrydag gesê ʼn volskaalse ondersoek sal gedoen word na die ontploffing by ʼn fabriek in die Jiangsu-provinsie wat die lewe van 47 mense geëis en tientalle ander beseer gelaat het.

Die ontploffing het Donderdagmiddag (plaaslike tyd) by ʼn aanleg van die Tianjiayi- chemiese maatskappy in Yancheng, wat plaagdoders vervaardig, plaasgevind. Dié aanleg het altesaam 195 werknemers.

Teen Vrydagmiddag (plaaslike tyd) het die dodetal op 47 gestaan, met 90 mense wat ernstige beserings opgedoen het. Beamptes van Yancheng sê altesaam 640 mense moes in hospitale behandel word ná die ontploffing.

“Daar was ses of sewe mense in die fabriek toe ons twee groot plofgeluide gehoor het en oomblikke daarna het die glasvenster in my winkel aan skerwe gespat,” het ʼn vrou Vrydag aan DPA gesê. “Die voor- en agterdeur van die winkel het ook weens die [ontploffings-] golf gebreek en kan nie sluit nie. My huis is net ʼn paar kilometer weg van die ontploffingstoneel en al die vensters het daar ook gebreek.”

ʼn Lugfoto van die beskadigde geboue op die toneel waar ʼn ontploffing plaasgevind het by ʼn chemiese fabriek in die Xiangshui-distrik van Yancheng in China se Jiangsu-provinsie [22 Maart 2019]. (Foto: Ji Chunpeng/Xinhua via AP)

Nog ʼn vrou, net bekend as Gao, het aan DPA gesê haar huis is 2 km van die plaagdoderaanleg geleë en al die vensters van die huis het ook gebreek en die plafon is beskadig. Sy het gesê talle kinders by ʼn nabygeleë skool is beseer toe die vensters van die skool gebreek het.

Video’s van die voorval wat op sosiale media versprei word, wys hoe die fabriek in vlamme gehul is ná die ontploffing, met dik swart rookwolke wat die lug in borrel. Honderde brandbestryders is ontplooi om die vlamme te blus.

Volgens die Chinese staatsuitsaaier is Xi tans in Italië om ʼn padveiligheidsinisiatief te bevorder. Hy het gesê daar moet meer voorsorg getref word teen nywerheidsongelukke, veral in gevaarlike bedrywe soos chemikalieë vervaardiging.

CNN berig die chemiese stof wat die ontploffing veroorsaak het, is benseen. Volgens die berig het die fabriek verlede jaar ʼn veiligheidsinspeksie van die regering gedop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

GM ·

Dit gaan seker ook nie lank vat nie, dan staan daardie fabriek weer – anders as in S.A. waar dit dekades sal neem net om een gedeelte te bou voor daar weer vir geld gebedel sal word om die res oor nog ‘n paar dekades klaar te maak (of dalk net te los en hoop stories verdwyn stil-stil oor die geld wat alreeds ontvang is vir werk wat nie gedoen is nie).

Sterkta aan die naasbestaandes. Dis vreeslik.

S H E ·

China is bekend vir swak veiligheidsmaatreëls. Bekend vir sy nywerheidsongelukke. Kommunisme voel maar min vir mense se veiligheid of vir natuurbewaring.

marco polo ·

Ek dink nie jy kan kommunisme hiervoor die skuldgee nie. Chinese is van nature uiters nalatig en gebruik nie logika soos ons nie. Mens moet soms maar hare op jou tande he om.saam met hulle te leef.

S H E ·

@ marco polo – ek was in 1999 in China, onder meer in Xian om die Terracotta Soldiers te sien. Ek het nog nooit besoedeling soos daar gesien nie. Ons was in ‘n hotel met etlike verdiepings, die lugbesoedeling was so erg dat jy die grond van die binneplein van die hotel, beswaarlik kon sien vanuit die boonste vloere.
Ek verneem van mense wat nou onlangs in China was dat dit beter is, maar ek sal die roetbevlekte eende wat in die binneplein se tuin rondgewaggel het, moeilik vergeet. Het ook ongelukkig die besoedeling van die Li rivier met eie oë gesien. Was te naar om die kos te eet wat gemaak word op die boot waarop ons die “Li river cruise” moes doen, want die water vir kook word sommer met emmers uit die besoedelde rivier opgetrek…
Vir my is China kommuniste, hulle lewensuitkyk word bepaal deur hierdie stelsel, maar ek verstaan wat jy sê; moes ook terugsluk aan ontbyt terwyl iemand neusgeluide gemaak het in ‘n hysbak in ‘n hotel in Beijing (algemene gebruik by hulle soos ek toe agterkom met tyd).
Dalk het dinge verander sedert 1999?

marco polo ·

S H E, die ledetal van die kommuniste party is maar 6% van die bevolking en meeste mense gee glad nie om wie in beheer is nie, solank hulle kan geld maak. Ek woon al n paar jaar in China, so 200km suidwes van Shanghai, en het van 2010 baie dele van die land besoek. In die ryk oostelike provinsies is daar wel al n groot verbetering en besoedeling is beperk tot winterdae, maar in die armer provinsies in die binneland is daar maar rowwe plekke. Chinese het oor die algemeen geen sin vir verantwoordelikheid of n besef van die gevolge van hul dade nie. Dis maar n lang opvoedingstaak, maar ek werk eerder met Chinese as met ‘our people’.

Willie Nel ·

‘n Verskriklike insident. Die wolk evan die brand sal ook toksies wees en enigeen wat in die rookkolom vasgevang word se lewe sal ook in gevaar wees met moontlike langdurige effekte in die geval van oorlewing.
Sterkte aan familie en naasbestaandes, julle mense was veronderstel om gesond by te huis op te daag of gesond by die huis te wees.
Dit laat onwillekeurig die vraag by my: Hoe lyk Suid Afrika se industrieë, veral waar met chemikalië gewerk word? Die slegte ekonomie ens. moet sy uitwerking op hulle ook hê. Hoe afgewater is veiligheidsstandaarde nou al? Dit is gewoonlik die eerste ding wat gesny word tydens taai periodes.

Adri ·

Hier by ons word so min na instandhouding gekyk dat dit baie snaaks is ‘n paar kragstasies het nog nie ontplof nie. Oor ‘n maand of twee is daai fabriek weer in volle produksie terwyl hier by ons eers ‘n ondersoek ingestel sou word wat maande sou neem om dan te verklaar dat die fabriek se stoomketel deur die apartheidsregering te swak vervaardig was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.