[Foto’s] Talle sterf ná oorstromings in Griekeland

Foto: AP Photo/ Petro Giannakouris

Minstens 15 mense is dood, twee vermis en 17 ernstig beseer in erge vloede in Griekeland weens swaar reën wat sedert Woensdag daar val.

Die skade van dié vloede beloop na raming reeds miljarde euro’s. Volgens berigte is daar erge skade in die hoofstad, Athene, aangerig, hoewel die nywerheidsdorpe Mandra, Nea Peramos en Negara, wes van Athene, nog erger skade gely het.

Puin het veroorsaak dat water wat van die berge af na die laagliggende kusgebiede vloei op baie plekke verhoed is om in die see te vloei, wat tot oorstromings in kusdorpe gelei het. In ander gebiede het dekades lange onwettige konstruksiewerk, waarvan sommige die dreineringskanale versper, oorstromings veroorsaak.

Owerhede het in Eleusis en Megara ondersoeke van stapel gestuur.
Volgens die staatsradio is sommige dorpe heeltemal verwoes en dele van die Korintiese hoofweg op die weskus het weggespoel.

Plaaslike weerkundiges het dié storm “Medicane” gedoop, wat “Mediterreense orkaan” beteken. Nog reën word oor die volgende paar dae verwag wat na verwagting verdere oorstromings tot gevolg sal hê.

Die storm is die gevolg van ʼn reuselaedrukstelsel en ongewone warm weer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ag toggie ·

Die boonste foto van die bus….
Wat verstaan ek nie van die waterlyn nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.