Foto’s: Talle sterf toe hotel ineenstort

Reddingswerkers soek deur die puin na oorlewendes waar die hotel in Indore in Indië ineengestort het (31 Maart 2018). Foto: AP Photo

Minstens tien mense is dood nadat ʼn vervalle vierverdiepinghotel in Indore in Indië se Madhya Pradesh-staat ineengestort het.

Volgens die polisie het die gebou, wat naby ʼn besige busstasie geleë is, Saterdagaand ineengetuimel. Times of India berig die gebou het ineengestort nadat ʼn motor omstreeks 21:17 teen ʼn pilaar by die vooraansig van die gebou vasgejaag het.

Polisie- en brandweerbeamptes kon tydens die reddingsoperasie tien oorlewendes onder die puin red. “Twee vroue en agt mans, wat vermoedelik personeel en gaste by die hotel was, is dood toe die gebou ineengestort het. Twee van die beseerdes is in ʼn kritieke toestand en is na ʼn hospitaal gehaas,” het Sanju Kamle, plaaslike polisiehoof, gesê.

Mense soek deur die puin na oorlewendes waar die hotel in Indore in Indië ineengestort het (31 Maart 2018). Foto: Reuters/Stringer

ʼn Ondersoek is van stapel gestuur om vas te stel hoekom die gebou ineengetuimel het. “Die gebou is meer as 60 jaar oud en was reeds in ʼn vervalle toestand,” het Kamle gesê.

Reddingsoperasies is intussen gestaak en die polisie het vasgestel daar is geen ander slagoffers onder die puin vasgekeer nie.

Indiese stede het ʼn hele aantal ou en onveilige geboue wat met boumateriaal gebou is wat nie volgens standaard is nie. Ineenstortings word gereeld aangemeld.

Minstens 34 mense is dood nadat ʼn woonstelgebou in Augustus 2017 in Mumbai ineengestort het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Karien ·

Lanklaas so simpel redinasie gehoor. Wat nou, moet almal maar sterf of eerder ophou vermeerder? Goeiste, elke dag is n geskenk uit God se hand, en niemand het gevra om hier te wees nie, en almal verdien om te lewe. Ons is hier om mekaar te help. Daar is plek vir almal, kos vir almal, as almal net n hand gee en help en uitdeel aan die wat dit nodig het, maar probleem is; ons wonder altyd hoekom God dit en dat kon laat gebeur. Ons bid vir arm mense en eet ons self vol, maar ons, Sy hande en voete op aarde, is te lui om te beweeg en ander kos en hulp te gee. Daar is n plek in die son vir almal van ons as ons net doen wat God vra en so optree, wat ons het deel met die wat dit nodig het en help waar ons kan. Dis-my-goed-en-ek-het-hard-gewerk- daarvoor houdings is die wereld se ondergang, nie die hoeveelheid mense nie.

Koos ·

Ek wed julle karien is van daai mense wat glo kos kom van checkers af en water uit die kraan en mense moet DA stem anders mors hulle hulle stem????????

Koos ·

That’s no lie, 7.5 biljoen in 2017 die natuur gaan die balans regstel wat hierdie insident na n spelt se punt laat lyk.

t ·

Ja Koos, die natuur heg nie veel waarde aan lewe nie. Tsunamis, aardbewings, vulkane ens. Hoe digter die bevolking, hoe meer kry seer op ‘n slag. ‘n Kleinerige meteoriet in ‘n stad, miljoen of meer weg in ‘n oogwink.

Wanda ·

Opel daar gee koos sommer vir jou die antwoord. Hoop jy verstaan

Mich ·

Dankie Karien,as meer mense maar net soos jy kan dink en redeneer sal die wêreld ‘n baie beter plek wees.

Salie ·

Dit is oor die tipe dinkery dat die wereld en veral sa is waar hy is vandag.

Elle ·

Ag Koos en kie,
dit maak nie saak hoe graag jy en ‘n paar ander soos jy, mense
wil wegwens of doodwens nie. Dit gaan nie gebeur nie. Offer eerder die olyftak. (Baie van jul wat so haatdraend is sit seker Sondae in die voorgestoeltes van die Kerk?)Boonop is Karien is absoluut reg.

PJC ·

Dit is mense met ń oordrewe menslikheidsgevoel wat al die ellende veroorsaak. Hulle het net nie die insig om dit te verstaan nie. Wat die wêreld nodig het om sy probleme op te los is praktiese denke.

Chelle ·

PJC, so beteken dit jy ag jou lewe meer werd as jou medemens s’n?
(Naaste wat jy nie ken nie en ook nie moeite doen om te leer ken nie).
Wat is jou definisie van ‘oordrewe menslikheidsgevoel’ waarvan jy mense beskuldig ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.